website stats
Google
Free / Gratis



Current issue news: August 2010 Back to previous

Groot planne vir Boertjie Kontreifees


Sterkmankompetisie by die Boertjie Kontreifees 2009.

• Redaksie

Dit reël dat dit klap vir Bultfontein se Boertjie Kontreifees wat 2-5 September 2010 plaasvind.

Volla, die Boertjiefees se drywer, se sweep klap om die opwindende program te finaliseer en terselfdertyd die feesterrein met talle nuwe aanbouings gereed te kry. Hulle het nog plek vir iemand wat wil saamry deur deelname, uitstalling of sommer net om 'n handjie by te sit.

Skakel Volla by 083 636 1555 of sy regter- en linkerhand cum eggenote Linda by 082 338 1954.

Die program beloof genoeg vermaak vir jonk en oud met kunstenaars soos Ray Dylan, Eden, Nadine, Arno Jordaan, die Singende Ruiter, ens. en dan is die helfte jou nog nie eens vertel nie!

Verlede jaar was die bywonertal 28 000 en vanjaar word gemik om dit te verbeter. Merk die datums in rooi op jou almanak en moet die geleentheid verseker nie misloop nie.

Special features



Copyright © 2010 Free State Business Bulletin