.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> May 2008


Sakeflitse / Pointers


Harmony sells Free State prospecting rights: It is being regarded by Mining Weekly that Harmony Gold will sell its prospecting rights on farms near its Tshepong and Target mines, in the Free State, to gold explorer African Precious Minerals (APM) for R52,5 million. Harmony will receive 1,5 million APM shares and 1,5 million half warrants for the Free State rights, as well as 1,5% net smelter royalty on all minerals extracted, amounting to a maximum amount of R150 million. This transaction forms part of Harmony's stated intention to optimise value from its latent and low-priority assets.

Protea Hotel Willow Lake opening soon: The latest edition to the Protea Group of hotels is the Protea Hotel Willow Lake currently under construction on the same premises as the Bloemfontein Zoo at 101 Henry Street, Bloemfontein. The R55 million project will be finished by November 2008 with a total capacity of about 200 beds. According to Mariette Hayden of quality surveyors QS3, the Protea Hotel Willow Lake has the most modern design of rooms and facilities in the Protea Group of hotels.

AA benoem Vrystaatse topbesighede: Die Automobiel Assosiasie (AA) het sy topbesighede in die Vrystaat vir 2007 aangewys as deel van sy landswye gehalteversekeringsprogram vir moterverwante diensverskaffers. In hierdie verband is Auto Dok Bosch in Welkom aangewys as die Sake-onderneming van die Jaar in die Vrystaat. Die Vrystaatse wenner in die paneelklopper-afdeling is Olympic Panelbeaters van Welkom. Met die tweede plek aan Professional Panelbeaters van Parys. Autozone in Bloemfontein is die wenner van die onderdele-afdeling en in tweede plek is Autozone Bloemfontein Hyper. Auto Dok Bosch van Welkom het ook die kategorie algemene herstelwerk gewen en in tweede plek is Electro Diesel Ben Toy Motors van Bloemfontein.

Reuse misdaadsindikaat in Welkom oopgevlek: Die koerant Forum berig dat 'n reuse misdaadsindikaat te Welkom oopgevlek is en 16 persone gearresteer is en die SAPD op bates van meer as R10 miljoen beslag gelę het. Daar is onder meer 14 luukse huise gekonfiskeer en op 17 luukse motors, goud en kontant van R1,1 miljoen beslag gelę. Altesaam 12 van die beskuldiges is op borgtog van tussen R5 000 en R30 000 vrygelaat, terwyl vier in aanhouding is. Die klagtes wat teen die beskuldigdes ingedien word, sluit in geldwassery, rampokkery en onwettige handel in goud. Lede van die Klerksdorpe SAPD, die nasionale edelmetal-taakspan, die batebeslagleggingseenheid van Bloemfontein en van die forensiese ouditeursfirma (KPMG) het aan die ondersoek van meer as drie jaar deelgeneem. Van die huise wat gekonfiskeer is, is onder meer in die Welkomse woonbuurte Riebeeckstad, Flamingopark en Dagbreek, asook in Thabong en op Odendaalsrus. Die polisie het ook op motors soos 'n BMW, Mercedes-Benz en Toyota RAV, asook duur leersitkamerstelle en plasma-televisiestelle beslag gelę.

GCIS Community Media Awards: The Free State Office of the Government Communication and Information System (GCIS) has announced that it is to bestow awards to selected members of the Free State community media consisting of 17 community newspapers and nine community radio stations. The aim of the awards is to raise the standard of local journalism and encourage objective and honest reporting within developmental journalism, which is regarded as the main characteristic of community media. These awards are planned to be bestowed annually in September 2008 in the following categories: Newspaper: government and general news / Newspaper: feature / Newspaper: sports news / Radio: news bulletin / Radio: feature / Photo journalism. Entry forms and rules are available from the GCIS Regional Office in Bloemfontein at Bloem Plaza next to Cash Crusaders, East Burger Street. Enquiries to Palesa Matshane at 076 684 9016.

Bloem Water gives assurance for quality water: During a media tour on 9 April 2008 hosted by Bloem Water for journalists to Welbedach Dam near Dewetsdorp, a practical assurance was given of the high quality water being delivered to local municipalities which in turn delivers to the public. The tour was led by Ms. Nolene Morris (Chief Executive of Bloem Water), Themba Ngubeni (BW Caledon Regional Manager) and Martin Keller (BW Senior Operator). In particular an assurance was given that Eskom load shedding could in no way result in unpurified water getting into the distribution network managed by Bloem Water. Morris pointed out, however, challenges being faced by Bloem Water such as siltation of storage dams, training facilities of skilled staff and funds to upgrade purification plants.

Skoonste vleismark in die Vrystaat: In 'n nasionale kompetisie van die Rooivleisbedryf vir die skoonste vleismark in elke provinsie, is die eerste plek vir die Vrystaat toegeken aan Kroonstad Biltong & Braai van Murraystraat, Kroonstad. Die eienaar, mnr. Gert Pelser, het 15 jaar gelede as werknemer by 'n ander slaghuis drie van sy vingers in 'n elektriese saagmasjien verloor en toe hy as gevolg daarvan ook sy werk verloor en nie ander werk kon kry nie, het hy 12 jaar gelede met sy eie vleismark, Kroonstad Biltong & Braai, begin. Sy rakke se netheid en higiëne, asook die uitslae van monsters wat geneem is om kieme en bakterieë te toets, het die deurslag gegee om Kroonstad Biltong & Braai in die huidige kompetisie die eerste plek te besorg.

Kroonpark bedryf teen enorme verlies: Na berig word deur die koerant, Kroonnuus, word Kroonpark, eens die toonvenster en spogoord van Kroonstad, tans bedryf deur die Moqhaka munisipaliteit teen 'n verlies van nagenoeg R5 miljoen per jaar. Dit volg op hardnekkige berigte die afgelope twee jaar dat die toestand van die oord vuil en morsig is, terwyl misdaad teen gaste daar aan die orde van die dag is. 'n Twis oor die situasie het tussen die betrokke politieke partye in die Moqhaka Raad ontstaan, waar groot ongelukkigheid ook geopper is oor die verweerde mislukte Moqhaka Tourism Extravaganza wat glo R9 miljoen gekos het en waarvoor raadsgoedkeuring nie verkry is nie.

Feather in cap for Free State Treasury: Amidst the sea of complaints about service delivery on government level, the Free State Treasury received high accolades from all political parties in the legislature when the MEC for Finance delivered his department's budget vote of R139 million on 17 April 2008. For instance the Freedom Front Plus issued a media statement saying the staff of the Free State Treasury is well-equipped to do their work, they are motivated and they are proud on what they are doing and they are officials with integrity. The ACDP said that the Treasury often knows more what is going on in the financial affairs of other provincial departments than what they know themselves. State district municipalities amongst he worst: According to the 2006/07 Assessment published by the Municipal Demarcation Board, nine district municipalities in SA fall in the lowest category of performing only 25% or less of the functions it is supposed to do and all five district municipalities in the Free State are amongst these nine. Thus the district municipalities of Fezile Dabi, Lejweleputswa, Motheo, Thabo Mofutsanyane and Xhariep are amongst the worst of their kind in SA. The report furthermore indicated that 73,9% of the country’s 46 district municipalities perform less than 50 % of the functions that they are supposed to do. Of the 231 local municipalities in SA 52% perform less than 50%. In general the assessment reflects a picture of incompetence and incapacity within SA municipalities. For more info, visit www.demarcation.org.za



Verskeie groot bouprojekte gee Vrystaat groeihupstoot


Ondanks verlangsaming in ekonomiese groei in Suid-Afrika en węreldwyd, is verskeie groot bouprojekte in die Vrystaat tans besig om die plaaslike ekonomie 'n hupstoot te gee.

In die Oos-Vrystaat is die volgende drie groot bouprojekte op die tafel:

• Die finale groenlig is gegee vir die Royal Maluti Golf and Country Club tussen Fouriesburg en Clarens om in Oktober vanjaar met bouwerk ten totale bedrag van R3,5 miljard te begin. Dit behels twee 18-putjiegholfbane, 800 woonerwe van gemiddeld 4 000 m˛ elk, asook dorpsontwikkeling met restaurante, deli's, kunsgalerye en 'n gesondheid sentrum. Na raming sal aanvanklik 2 200 tydelike werksgeleenthede geskep word en later 221 permanent.

• Die ontwikkeling van die grootskaalse Goble's Folly projek te Bethlehem, bestaande uit 'n vier- of vyfsterhotel (tot 150 kamers), 'n winkelkompleks (tot 70 000 m˛), 'n groothandelskompleks (“warehouse complex”) en 'n kantoor kompleks, asook 'n residensiële gebied (tot 400 eenhede), is steeds op koers. Tans word die uitslag afgewag van 'n omgewingsimpakvoorlegging aan die Vrystaatse Dept. van Toerisme, Omgewings- en Ekonomiese Sake.

• Ook te Bethlehem is die Loch Athlone Marine Estate-ontwikkeling van nagenoeg R150 miljoen nou deur alle wetlike prosesse en oppad om 'n werklikheid te word. Die Loch Athlone-dam is deel van die dorp se geskiedenis en is landswyd bekend, veral vir die bekende Skip-restaurant. Die eerste fase sluit in 152 woonerwe, waarvan 60 regstreekse toegang tot die dam het, terwyl in die tweede fase 80 meenthuiseenhede ontwikkel word.

• Te Bloemfontein is 'n aantal groot bouprojekte ňf onder konstruksie of op die punt om gebou te word, waaronder die volgende:

• Aan die noordekant van die stad aangrensend aan Northridge Mall is die Crassula veiligheids- en leefstyllandgoed met 138 meenthuise tans onder konstruksie. Dit vorm die eerste fase van die Northridge woongebiedontwikkeling op altesaam 121 ha, wat na beplanning o.m. ‘n verdere 268 enkelwoonerwe, 1 158 meenthuise en 'n winkelkompleks behels, teen ‘n totale geprojekteerde koste van R1,5 miljard.

• Daar naby, oos van die verlenging van Eeufeesweg en oorkant Northridge Mall, kom die Park Avenue Lewensstyl landgoed wat vandeesweek op 'n bekendstellingsfunksie in die stad geloods word. Die projek, met ‘n aantal enkelwoonhuise en meenthuise, vorm ook deel van ‘n veel groter ontwikkeling in die pyplyn.

• Ook aan die noordekant van die stad oppad na die Botaniese Tuine en links van Raytonweg is Lilyvale Estate bestaande uit 117 wooneenhede in 'n sekuriteitskompleks tans onder konstruksie. Daarby kom nog nege meenthuiserwe met sowat 350 meenthuise, drie besigheidserwe en 'n aantal openbare eko-sensitiewe ruimtes.

• Te Bainsvlei op die Kimberley-pad is die Bains Game sekuriteitsdorpie wat insluit vyf groot konferensielokale, 'n hotel met 108 kamers, gastekamers, chalets, restaurante, deeltitelwoonstelle, winkels en leefstylfasiliteite. Die totale ontwikkelingsbedrag beloop na raming meer as R1 miljard.

Aan die westekant van die stad suid van Langenhovenpark en wes van die verlenging van Totiusstraat strekkende tot aan die Petrusburg-pad, is die beplanning van die Ceciliapark woongebied in 'n gevorderde stadium van beplanning. Dit behels ‘n nuwe woongebied omtrent so groot as Langenhovenpark. Loodsing van die projek word vanjaar verwag.

• Bouwerk aan Fase 1 van Woodland Hills Wildlife Estate noordwes van die stad met sy 705 losstaande huise, 14 meenthuiskomplekse, nege groepsbehuisingskomplekse en aftree-oord gaan onverpoosd voort. Fase 2 van Woodland is onder oorweging by Mangaung Munisipaliteit.

• Te Welkom is die Phakisa-projek as 'n geďntegreerde ontwikkeling van 6 000 bekostigbare eenhede vir gemengde-inkomste-verdieners ten totale bedrag van R1,25 miljard onlangs aangekondig.

• Vir die projek span die konstruksiemaatskappy Basil Read en die National Housing Finance Corporation (NHFC) saam om 'n openbare-private-vennootskap (PPP) te vorm. Vir die grond van die projek word 500 ha van die Matjhabeng Munisipaliteit en 130 ha van Harmony Gold ontvang. Huispryse sal wissel vanaf R180 000 tot R400 000. Bykomende infrastruktuur soos skole, kerke en 'n taxi-staanplek is nog in beplanning.

Al hierdie projekte en ook nog ander beteken vir die plaaslike ekonomie ontsettend baie in terme van werkskepping, aankoop van boumateriale, werk vir konstruksieverwante firmas, ens. – as sulks inderdaad 'n groot ekonomiese hupstoot. Die beleggings weerspieël ook sakevertroue en optimisme dat die afset daar is om dit winsgewend en suksesvol te maak. Indien daar op gelet word dat die Vrystaat slegs sowat 1% het van die megagrootprojekte in die land, dan is hierdie mediumgrootte konstruksieprojekte broodnodig vir beduidende ekonomiese groei.



Rooiligte oor voorgestelde Wet op Onteiening


In 'n mediaverklaring sę Vrystaat Landbou hulle wil graag met belanghebbendes – die sakesektor, universiteite, landboubedrywe en politieke partye – samesprekings hou oor die voorgestelde Wet op Onteiening met sy ingrypende implikasies. Daar is nog geleentheid vir insette. Van die standpunte van die voorgestelde wetsontwerp is: Eiendom is nie beperk tot grond of plase nie / Onteiening is nie tot die platteland beperk nie / Die beginsel gewillige koper/verkoper word afgeskaf / Eiendom sal nie meer teen markverwante pryse onteien word nie / Die minister het volmag om die prys van onteiende eiendom vas te stel / Die wetsontwerp gee die minister onbeperkte mag. Die voorgestelde wetsontwerp laat beslis die rooiligte flikker oor eeue-oue beginsels in die SA eiendomsbedryf en vrye ekonomie. Die Departement van Openbare Werke beplan verhore binne provinsiale verband om voorleggings aan te hoor oor die omstrede wetsontwerp. In die lig hiervan nooi Vrystaat Landbou belangstellendes uit na 'n gespreksgeleentheid op Donderdag, 24 April 2008, 09:00 – 11:00 by “Little Willy”, Pantserskool, Tempe, Bloemfontein. Vir meer besonderhede, skakel Anne-Lise Olivier, tel 051 444 4609 of esmi@vslandbou.co.za.



Konica Minolta bou in Zastronstraat


Vanweë uitbreiding verskuif Konica Minolta van perseel vanaf Tweedelaan in Westdene na 'n nuutgeboude perseel te Zastronstraat. 108A, langs die kantore van die Ouditeur-generaal. Volgens Ryno Opperman, besturende direkteur van Konica Minolta Bloemfontein het die firma die leë erf in Zastronstraat, waar vroeër jare 'n padkafee was, gekoop en ontwikkel dit nou teen 'n koste van sowat R11 miljoen, met voltooiingsdatum einde November 2008. Die huidige perseel in Tweedelaan was gehuur.



Munisipale gat wat water en geld sluk


Hierdie foto van 'n lekkasie in die watervoorsieningsnetwerk van Mangaung Munisipaliteit in Johan van Wykstraat, Langenhovenpark, Bloemfontein, is deur 'n inwoner aan die Vrystaat Sake Bulletin verskaf. Water lek hier sedert Junie 2007 tot nou onophoudelik. Die munisipaliteit het dit in Julie 2007 oopgemaak, maar nie die werk voltooi nie en water het aanhou lek teen 5 l per minuut, wat op 2 160 kl teen R5,50 / kl al uitwerk op R11 880. Wat mettertyd gebeur het, is dat die grond as gevolg van die lekkasie so weggekalwe het, dat die elektriese kas in die gat geval het. Die herstelwerk van die lekkasie sou vir 'n private kontrakteur waarskynlik R200 aan arbeid en R25 aan materiaal gekos het. Verdere ironie is dat die hooflynwaterpyp van 25 mm vernou na 20 mm en dan weer vergroot na 25 mm net omdat die munisipaliteit nie 'n 25 mm koppelstuk kan voorsien nie. Die aftappyp voorsien vier nabygeleë woonhuise van water, wat egter nou almal kla oor die swak watertoevoer. Intussen word nie eens by HOP-behuising meer as twee woonhuise vanaf 'n 25 mm waterpyp gevoer nie.



60 000 men together in prayer for SA


At a Christian rally the past weekend, 18-20 April, on the farm of well-known evangelist Angus Buchan, farmer in the Greytown district in KZN and subject of the film Faith like potatoes, the amazing number of 60 000 men from all over South Africa and from every walk of life gathered to pray for the regenerating of South Africa and its society. At the rally Buchan said that he believes a turning point has been reached in the regeneration of the country, urging the men present to go back and mend their marital and family relationships and making Jesus Christ the Lord of their lives and professions. On the photo top, a picture of the tent for the rally this past weekend, one of the biggest ever tents erected in the world, while on the photo below the Goodyear Cricket Stadium in Bloemfontein filled to capacity last year during a sermon by Buchan. For more info visit www.mightymen.org.za.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.