.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Spot Coverage >> 1-15 August 2005


Boshof by ekonomiese kruispad


Die aanduidings is dat Boshof in die Wes-Vrystaat en naby die Noord-Kaapgrens by 'n ekonomiese kruispad tussen vooruitgang en verval gekom het. Reeds vyf jaar gelede het die verplasing van die amptelike N8 roete vanaf die Bloemfontein-Dealesville-Boshof-Kimberleypad na die nuwe Bloemfontein-Petrusburg-Kimberleypad die dorp ekonomies hard getref met die aansienlike minder deurverkeer.
Sedertdien poog inwoners om Boshof as dorp as't ware terug op die kaart te kry en is o.a. die beste gemaak van die jaarlikse Boshof Wildsfees. Dié is in April vanjaar nog aangebied, maar finansieël het dit om verskeie redes noustrop gegaan. Onlangs het die Agri Boshof Boere-unie besluit om nie weer as organiseerders van die Wildsfees op te tree nie.
Die Boshof Skou word steeds jaarliks aangebied, maar het die afgelope jare gekwyn, miskien omdat dit oorskadu is deur die Wildsfees. Sou laasgenoemde verdwyn, kan die Skou dalk weer opleef.
Voorts word tans ook 'n groot rugbydag te Boshof aangebied, met o.a. provinsiale spanne soos die Cheetahs, Blou Bulle, ens. in aksie. Dit is egter relatief duur om aan te bied.
In 2006 word Boshof 150 jaar oud en tereg is dit nou vir die mense van die dorp en distrik aangewese om te besin oor hul ekonomiese pad vorentoe.


Eerste Agriweek gehou


Die eerste Maluti Agriweek word van 24-27 Augustus 2005 by die Harrismith Skougronde aangebied. Bedags word inligtingsessies en talle kommersiële en vlooimark uitstallings aangebied, terwyl saans allerlei vermaaklikheidsprogramme bygewoon kan word.
Van die kompetisies sluit in 4x4 demo's, boerepatente, vrouepatente, kleiduif, boogskiet en boeresport. Uitstallings sal hoofsaaklik op trekkers, voertuie en plaaswerktuie en toerusting gefokus word.
Die skouterrein is onlangs deur private besigheidslui by die plaaslike Munisipaliteit aangekoop en die idee is om die Maluti Agriweek te ontwikkel in 'n jaarlikse instelling in die plek van die vroeëre landbouskou.
Vir meer inligting skakel Johan by 082 800 6427.


Contractor Model launched


The Department of Quantity Surveying and Construction Management at the University of the Free State recently introduced the Integrated Emerging Contractor Development Model to the construction industry. The model has proved successful in the Eastern Cape, where an annual loss of R12 million for a mentorship facility for emerging contractors was turned into a loss of only R2 million. Pictured is Mr. Sihle Dlungwana, project manager of the CSIR and Prof. Dries Hauptfleisch, lecturer at the University of the Free State, who presented the model for possible application in the Free State. More info from Hauptfleisch at (012) 808 3360.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.