

Current Edition >> Archive Section >> Special Features >> 1 February 2006
'n Ryke geskiedenis
Geleë op die R64 provinsiale pad, 120 km wes van Bloemfontein oor Dealesville en 55 km oos van Kimberley, vier die dorp Boshof vanjaar sy 150ste bestaansjaar. Hoewel geneem oor hierdie tydperk, Boshof nie uit sy nate gegroei het nie, het die dorp vir 150 jaar gedien om aan die plaaslike gemeenskap 'n menswaardige bestaan te gee en 'n trotse bydrae te laat lewer tot die ontwikkeling en vooruitgang van die Vrystaat as provinsie.
Die dorp is in 1856 gestig deur dr. Andrew Murray op die plaas Van Wyksvlei, en aangesien Pres. J N Boshoff ingewillig het om as peetvader van die nuwe dorp op te tree, word dit na hom vernoem.
Volkspele, die tradisionele dans van die Afrikaanssprekende bevolking, het sy oorsprong te Boshof gehad. Op 28 Februarie 1914 tydens 'n Sondagskoolpiekniek op die plaas Vuisfontein, is dit vir die eerste keer uitgevoer. Dit was die verwesenliking van 'n ideaal van mnr S H Pellissier, destydse onderhoof van die Rooidak Skool op Boshof. Vandag bestaan verskeie monumente vir volkspele nog op Boshof en in die omgewing.
Boshof is basies 'n boerderygemeenskap waarvan die belangrikste skaap, bees en wild is en word gekyk na die uitslae van nasionale karkaskompetisies oor die afgelope jare, is dit duidelik dat van die land se beste rooivleis in die Boshof-omgewing geproduseer word.
Die huidige inwonertal van groter Boshof word geraam op 1 300 blankes in Boshof, 700 blankes in die distrik, 16 700 swartes in Seretsi en Sonderwater, 2 000 swartes in die distrik, 2 000 kleurlinge in Kareehof en 300 kleurlinge in die distrik.
'n Uitstaande kenmerk van Boshof is sy beroemde Rooidak Skool - 'n gekombineerde hoër- en laerskool wat veral gedurende die tweede helfte van die vorige eeu vir skitterprestasies op sowel akademiese as sportgebied gesorg het. Bekende oud-skoliere sluit in dr. Nic Diedericks (voormalige staatspresident) en dr. T.E. Dönges (voormalige kabinetsminister en aangewese staatspresident voordat hy oorlede is). Die skoollied is deur CJ Langenhoven geskryf. Op sy dag het die skool meegeding met Grey Kollege en wie sal ooit Boshof-produkte en atletieklegendes soos Magdel Myburgh, Wilna Fraser en Ivor Potgieter vergeet.
'n Grafiese uitbeelding van die geskiedenis van Boshof kan besigtig word in die Boshof Museum op die dorp. Meer besonderhede oor Boshof word verskaf op die webwerf www.boshof.co.za, asook in die boekie getiteld "Kom ontdek Boshof en omgewing". Tot albei hierdie publikasies het Rolanda van den Heever sleutelbydraes gelewer.
Die Vrystaat Sake Bulletin bedank Rolanda graag ook vir haar bystand met hierdie promosie oor Boshof. Sy hanteer ook die verspreiding van die Vrystaat Sake Bulletin op Boshof. Haar telefoonnommer is (053) 541 0018, e-pos nicol99@telkomsa.net.
Besigheidspeiling
Met die doen van die promosie en besoek aan die dorp, was die Vrystaat Sake Bulletin aangenaam verras met die gehalte van besigheid op Boshof en in die distrik. Daar is gesonde en groeiende besighede, met kundige entrepreneurs - mans sowel as dames - wat die leisels vashou. Voorbeelde is vervat in die advertensies in hierdie promosie. Hierdie is grotendeels die mense wat Boshof dra.
Maak nie fout nie, Boshof is 'n Vrystaatse plattelandse dorp, maar die plaaslike ekonomie toon beslis veerkrag. Dit is anders as talle ander plattelandse dorpe in die provinsie wat ooglopend die kreeftegang gaan. Wat Boshof baie help, is 'n sterk boerderydistrik en dan die feit dat dit slegs 55 km vanaf Kimberley geleë is.
'n Tendens is dat heelwat mense wat in Kimberley werk, woon op Boshof en ry elke dag heen en weer. Daar is ook ander stedelinge wat na Boshof uitgewyk het en in die dorp met besighede begin het. Dit het eiendomspryse op die dorp positief beïnvloed. Hoewel die N8 roete oor Petrusburg verkeer tussen Bloemfontein en Kimberley verminder het sover dit Boshof betref, lyk dit egter nie of dit juis 'n terugslag was nie.
'n Gemiddelde drieslaapkamerhuis met twee badkamers te Boshof blyk ongeveer R200 000 te kos, hoewel so 'n grootte huis van goeie gehalte onlangs vir R350 000 verkoop is. Nuwe tweeslaapkamer meenthuise wat op die dorp gebou is, verkoop vir R310 000. 'n Hoë woonerf kos ± R10 000. In die nywerheidsgebied is geen erwe van die Munisipaliteit te koop nie - dié in private besit kos blykbaar ± R30 000.
In geheel gesien, bied Boshof beslis potensiaal vir belegging, beide wat betref om 'n besigheid te begin of om van buite daar in eiendom te belê.
'n Wesentlike probleem te Boshof is, soos by alle Vrystaatse dorpe en stede, 'n hoë werkloosheidsyfer en gepaardgaande armoede. Iets daadwerkliks sal duidelik daaraan gedoen moet word. Waarskynlik lê 'n antwoord in plaaslike waardetoevoeging tot plaaslike landbouprodukte. Kleinere aanlegte sal op die dorp begin moet word om bv. plaaslik-geproduseerde vleis, velle, wol en wildsprodukte, asook van die graanprodukte, te verwerk, met gepaardgaande werkskepping en die verwerkte produkte dan “uit te voer” na groter sentra en selfs die buiteland.
Toerisme is ook 'n sektor wat plaaslik aansienlik ontwikkel kan word.
In Seretse is 'n “Garden Project” wat deur die Vrystaatse Dept. van Landbou op die been gebring is en wat steeds aan die gang is. Terselfdertyd word die Relathabetsi Sewing Group deur die Dept. van Arbeid geborg en waardeur dames vir 'n verskeidenheid van poste opleiding ontvang. Kontaknr. (053) 541 0118.
Die misdaadsyfer te Boshof is relatief laag.
Plaaslike ekonomiese ontwikkeling te Boshof berus grotendeels by die plaaslike munisipaliteit Tokologo. Hulle het immers 'n “Local Economic Development” afdeling met goedgesalarieerde amptenare in plek en 'n “Integrated Development Plan” (IDP) waarvolgens ontwikkeling gedoen moet word. Hiervan is egter ongelukkig nie veel te sien op die dorp nie.
Wat ook opmerklik is, is dat die instandhouding van plaaslike infrastruktuur veel te wense oorlaat, bv. volop gate in teerstrate (“potholes”).
Nog 'n sleutelaspek wat gesê word aandag sal moet kry, is watervoorsiening aan die dorp. Tans is die hoofbron munisipale boorgate, maar die algemene watertafel is besig om te daal. 'n Alternatief wat genoem word, is om uiteindelik 'n pypleiding aan te lê vanaf die Oppermansdriftdam by Bloemhof na Boshof en dan kan Hertzogville ook sommer bedien word. Dit sou egter 'n projek wees waarby die Dept. van Waterwese en Sedibeng Water ook betrokke moet wees.
Daar is 'n goeie ouetehuis op Boshof - Huis Goedversorg - met ongeveer 60 inwoners en 'n afdeling vir verswakte bejaardes.
'n Maandelikse nuusblaadjie, Boshof Kontrei, bevat plaaslike nuus, foto's en advertensies. Kontakpersoon Rolanda van den Heever (053) 541 0018.
Besienswaardighede
• NG Kerkgebou - in 1874 gebou, in 1913 vergroot en in 1954 hernu. By die kerk is 'n gedenknaald ter gedagtenis aan die boere wat in die Anglo- Boereoorlog gesneuwel het.
• Chris van Niekerk Museum - waar uitstallings uit Boshof se verlede te sien is.
• Die Bewaringsmuseum - waar items en geskrifte uit die jonger verlede van Boshof en veral die Rooidak Skool bewaar word.
• Boshof Tronk - pragtige klipgebou in 1891 opgerig en oorspronklik ontwerp vir Kroonstad.
• Volkspele Monument - 3 km buite Boshof op die Christiana-pad, regoor die plaas Vuisfontein, waar die eerste volkspele gespeel is.
• Gedenkplaat ter ere van Gen. Comte de Villebois-Mareuil (bevelvoerder van die Franse Legion) - op die plaas Middelkuil, 10 km oos van Boshof op die Bosvarkpad.
• Boshof se kalkklip-ommuurde begraafplaas - waar die grafte is van o.m. Sersant Patrick Campbell, vervreemde eggenoot van die befaamde aktrise en minnares van George Bernard Shaw, van talle Engelse soldate en van Charles Gerhardus Marais, ouer broer van Eugéne Marais.
Trotse boerderyrekord
Boshof-distrik het van meet af 'n trotse boerderyrekord, veral op veegebied, opgebou. Afgesien van pragtige stoeterye, het die afgelope jare ook toonaangewende wildsplase tot stand gekom.
Boshof-distrik beslaan ongeveer 469 400 ha boerderygrond, waarvan weiveld 438 350 ha, graan droëland 30 000 ha en graan onder besproeiing 1 050 ha.
Veeboerdery bestaan uit ongeveer 17 580 beeste, 53 000 kleinvee, (waarvan ongeveer 2% bokke) en die res is skaap.Die getalle van laasgenoemde is egter geweldig geknou deur veediefstal en ook ongediertes. Ongeveer 2% van die beeste is melkbeeste wat jaarliks ongeveer 6,5 miljoen liters melk produseer. Van die stoetboere is betrokke by die uitvoer van embrio's. Hoenderboerdery (braaikuikens en eiers) word ook op 'n redelike skaal beoefen, terwyl een groot volstruisboerdery bestaan.
Na raming word die volgende graan jaarliks geproduseer: 36 000 ton mielies, 2 160 ton sonneblom en 1 000 ton koring, terwyl 'n redelike hoeveelheid voer vir eie gebruik aangeplant word. 'n Aantal boere bedryf ook voerkrale.
Agri Boshof sleutelrol
Die georganiseerde arm van die plaaslike landbousektor het 'n sleutelrol gespeel in die ekonomiese ontwikkeling van die distrik en dorp en doen dit steeds.
Die Boshof Boerevereniging is in 1925 op die been gebring en mettertyd het die volgende verenigings as affiliasies van Boshof Distriksboere-unie tot stand gekom: Bethesda, Bothashoek, Rondefontein, Turfdraai, Koedoesrand, Hermon, Helpmekaar, Mahemsfontein, Syferfontein, Middendeel, Kameelfontein, Amandelboom, Kalkheuwel, Rooistof, Kameelpan, Kromkuil, De Hoop, Skuilhoek, Rietvlei en Laer Modderrivier. Dit het mettertyd verminder en daar is tans sewe boereverenigings wat by die boere-unie geaffilieer is. Die unie se grondwet en naam is in 2004 gewysig na Agri Boshof.
Die geskiedenis van die georganiseerde landbou in die distrik is integraal verweef met die algemene ontwikkeling van die ekonomie en infrastruktuur. Opsommenderwys het die georganiseerde landbou o.m. in die volgende fasette deur die jare sleutelbydraes gelewer: Droogtehulp Watervoorsiening • Ontwikkeling van veeteelt Mielie- en koringverbouing • Paaie- ontwikkeling en -instandhouding • Gesondheid van plaaswerkers • Plaasveiligheid • Bestryding van ongediertes • Koöperasievestiging op die dorp • Bou van vendusiekrale • Telefoonverbindings • Samewerking met plaaslike regering • Hulp aan opkomende boere • Swart ekonomiese bemagtiging• Gemeenskapsbetrokkenheid.
Tans is Agri Boshof 'n lewenskragtige organisasie met 133 lede.
Op die foto, die huidige bestuur van Agri Boshof, voor van links, Pieter Coetzer (ondervoorsitter), Willie Weich (voorsitter), Andrie de Kock (VL Streeksverteenwoordiger) en Pierre du Plessis, met agter van links, Jacques Conradie, Sarel Dippenaar, Willie Botha, Danie van den Heever, Barend Crouse, Gerhard van der Merwe en Willem Botha. Afwesig : Pieter Bosman, Kosie Rheeder, Orfie Orfer en Piet Cornelissen.
Hoogtepunt van 150ste viering
Die hoogtepunt van die viering van die 150ste bestaansjaar van Boshof word bereik met 'n formele feesnaweek vanaf 3 tot 5 November 2006. Daarvoor is die planne besig om in plek te kom.
Dit het begin met 'n feeskomitee vir die viering van die 150ste bestaansjaar van die NG Kerk, maar namate hul beplanning gevorder het, het dit 'n algemene feeskomitee geword, waaruit 'n Rooidak-Reüniekomitee ook tot stand gekom het, aangesien die skool self vanjaar al 99 jaar oud is en dit terselfdertyd gevier word. Die hoofdoel is om alle oud-inwoners van Boshof, waarvan die meeste ook oud-skoliere van die Rooidak Skool is, vir een naweek bymekaar te bring en lekker saam te kuier.
Bo en behalwe alle gaste-akkommodasie (gastehuise en plase) en hotel wat in Boshof en omgewing beskikbaar is, gaan daar gepoog word om gratis slaapplek by gemeentelede te kry en dan etes in 'n sentrale lokaal aan te bied, vir alle feesgangers.
Belangstellendes kan van hul laat hoor by lindop@xsinet.co.za of andersins kan die skakelpersoon van die Boshof Feeskomitee, Vida Hayes, gekontak word by 082 566 1636.
Die voorlopige Feesprogram sien soos volg daaruit:
Vrydagaand: Osbraai by die Skougronde
Saterdag : 'n Vol program van die oggend af vlotte / volkspele / boeresport / trompoppies (Boshof se eie) / ens.
Sondag : 'n Spesiale erediens, met soveel moontlik predikante wat Boshof voorheen bedien het teenwoordig. Die Fees word afgesluit met 'n tee ná die diens.
Wildbedryf belangriker
Verskeie gaste / jagplase in die omgewing bied akkommodasie en ander ontspanning. Die meeste bied gidse en spoorsnyers, slag- en koelgeriewe òf jy dus net wild wil besigtig en òf jy vir 'n trofee wil jag en òf jy wild vir die pot wil skiet, jy sal die wild vind wat jou smaak en behoefte pas.
Daar is tans 11 jag- en gasteplase in Boshof-distrik wat jaarliks ongeveer 3 000 besoekers ontvang in 'n bedryf wat duidelik besig is om toe te neem.
As 'n habitatkaart van Suid-Afrika geteken sou word, sal Boshof geleë wees waar drie plantegroeitipes ontmoet - droë savanne, karoo en grasveld. Dit lei daartoe dat die veld geskik is vir die aanhou van bykans enige soort wild. Afgesien van die talle inheemse klein soogdiere, word springbok, blesbok, rietbok, rooibok, eland, gemsbok, koedoe, ribbok, zebra, buffel, takbok, wildevarke, blou- en swartwildebees, rooihartebees, volstruis, bontebok, oorbietjie, tsessebe, njala en lechwe (basterwaterbok) op verskeie plase aangetref - selfs renoster, kameelperd, kameel, leeus en witleeus kom voor. Op sommige plase word met wild geboer ter komplementering van skaap- en beesboerdery.
As 'n mens lief is vir wild- of voëlwaarneming, sal die meeste van die gasteplase aan jou behoeftes voldoen, want die voëllewe in die Boshof-omgewing spog met 'n lys van ongeveer 200 verskillende spesies, o.a. skaars soorte soos rooibekrenostervoëls, Europese rooistertjies, bloukraanvoëls, ens. Die omgewing word ook jaarliks besoek deur groot swerms kleinrooi- en kransvalke, afgesien van die meesters van die lug soos swart-, witrug- en kransaasvoëls en breëkop- en witkruisarende.
Municipal involvement
At this stage the initiative for the 150th anniversary of Boshof comes almost wholly from the local residents, with very little if any involvement from the local Tokologo municipal council.
The Free State Business Bulletin also endeavoured to solicit input from the Council and Municipality and requested a message from the mayor to be published, but, despite repeated enquiries, no response was received.
Perhaps after the local government election of 1 March this year, a better picture might emerge.
Be as it may, it is hoped that all residents of Boshof, in town and in the district, will duly realize that they have a shared history and that they should have a shared future as well. Hopefully this will also materialize in this 150th year of Boshof's existence.
Rol van die NG Kerk
Word teruggekyk oor die geskiedenis van Boshof, is die sleutelrol wat die plaaslike NG-gemeente gespeel het, in 'n oogopslag duidelik. Die gemeente is vanjaar ook 150 jaar oud en die geskiedenis daarvan, tesame met diè van die dorp en distrik, word uitstekend uiteengesit in 'n boekie wat met die eeufeesviering verskyn het, 'n Eeu van Genade - Boshof 1856 - 1956, deur W.B. van der Vyver. Baie interessant verhaal dit die vormingsjare en latere wel en weë van Boshof.
Vir vanjaar met die 150-jarige viering word gewerk aan 'n boek getiteld My erfenis is vir my mooi - vir meer besonderhede kan Anton Lombard gekontak word by 082 571 3426.
Wat die toekoms van Boshof betref, word dit waarskynlik die beste in 'n neutedop saamgevat in die Skrifgedeelte wat op die buiteblad van 'n Eeu van Genade aangehaal word : “Aanskou die rots waaruit julle gekap is….” (Jes. 51 : 1)
As a modern, vibrant and versatile institution for further tertiary education and training, Motheo FET College offers the following exceptionally affordable options: Skills training for employment, entrepreneurial skills development for self-employment, completion or improvement of grade 12, full-time day or part-time evening studies, short courses in many areas of interest, a variety of pre-grade 12 programmes (including N2 and N3) as well as tertiary training (N4-N6), bridging to a higher band of education (e.g. to a university or a technological university), and many more.
Any person, young or old, who is interested in making a total career change, would find Motheo FET College indispensable in most study fields, from basic to tertiary training, after which the candidate can continue studies at an institution of higher education.
The following are examples of skills training offered to students from N2 level and from age 16 years: Art and design / Secondary commercial studies / Clothing production / Educare / Hair care and cosmetology / Catering and hospitality services / Engineering studies.
Moreover, a variety of management programmes are offered on N4 to N6 levels (post grade 12) for students who have passed the National Senior Certificate examination.
For students wishing to move to the higher education band, a Career Preparation Programme in co-operation with the University of the Free State is offered. Students who do not fulfil the university entrance requirements, can apply to do a bridging course which includes two college subjects and two university subjects.
Motheo FET College is also well-equipped to train disabled students - at present deaf students are assisted in coping with normal classes in Financial Management, for instance.
The crucial issue in the South Africa of today with its ample opportunities but high unemployment and with its widening gap between rich and poor, is job competency Are you competent to handle any suitable job that might come your way, or are you not really competent to be gainfully employed, especially over the long term?
In South Africa there are many job seekers and many jobs, but the two are often not compatible.
If you are not competent / sufficiently equipped / skilled enough for the workplace, then enrol for some tertiary education / FET/ skills development that would take you there. Prepare yourself!
A plea has been made by Mr. Lemmy Mule, well-known businessperson of the Goldfields, for an equitable share to black entrepreneurs in the main stream economy. In a wide-ranging interview with the Free State Business Bulletin, Mule, who is the founder and owner of Procurement Marketing Consultancy based at Welkom, made the following salient points :
Landlords on the Goldfields, especially at Welkom, are charging exorbitant rental rates for office and other business premises, thereby largely blocking emerging black entrepreneurs and in so doing inhibiting general economic progress.
Mule expressed his concern that the local private sector and enterprises have and or tend to lose government and mining related contracts because they are not ready yet to support economic transformation imperatives as required by the government. The denial of these imperatives has a negative impact towards economic growth potential of the region and leads to sustained poverty and joblessness.
The general conventional procurement set-up should be restructured drastically. According to Mule, national companies should revisit their empowerment strategy to include locally based equity holders, employees and those in rural areas broadly. As regards the government procurement strategy, Mule urged provincial governments to decentralise adjudication processes to departmental districts in order to achieve a fair spread of economic growth and development. The conventional bidding adjudication of favouring established companies should be totally scrapped as it hinders transformation towards empowerment equity participation.
Local beneficiation of raw produce originating from the Lejweleputswa district should be fast-tracked and implemented on a drastically-increased scale. In this, the newly established Lejweleputswa Development Agency will hopefully identify the ample opportunities at hand and apply strategic approaches to narrow the gap between the two economies in the region and elsewhere in the Free State.
Mule expressed his confidence in the resilience of the Goldfields economy, saying it is able to bounce back from the gold mining setbacks, provided the right people with the right support systems come into place.
Naudéville voor groot ontwikkeling
Alreeds een van die hoër klas woonbuurte van Welkom, staan Naudéville voor groot ontwikkeling.
Eerstens word 'n residensiële ontwikkelingsprojek ten totale bedrag van R100 miljoen en bestaande uit vier komplekse vroeg vanjaar van stapel gestuur. Die ontwikkelaars is Mangwato Investments, terwyl die ontwerp deur 'n bekroonde Gautengse argitek van Roemeense afkoms, me. Anca Szalavics, gedoen is.
Die wooneenhede sluit een-, twee- en drieslaapkamerwoonstelle, meenthuise en huise in, met pryse wat wissel van R219 000 tot R1,2 miljoen. Die bemarkingsagente is Pam Golding Welkom en die prinsipale, me. Marthie Kasselman, het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesê 28 eenhede is klaar vanaf die planne verkoop.
Terselfdertyd is die bestaande Naudéville Winkelsentrum einde verlede jaar deur mnr. Chris Spangenberg gekoop. Laasgenoemde het aan die Vrystaat Sake Bulletin gesê dat die bestaande supermark vanaf 1 Februarie vanjaar omskep word in 'n OK Foods, terwyl die res van die sentrum opgegradeer word met 'n aantal nuwe besighede wat daarin open.
In 'n klas van hul eie - dit is duidelik hoe die markagentskappe geakkrediteer by die Mangaung Varsproduktemark in 'n neutedop opgesom kan word. Daar is vyf van hierdie agentskappe, elk met hul onderskeie agente en reeds vir jare is dit die situasie. Die bedryf is eenvoudig te mededingend en te gespesialiseerd om maklik nuwe toetreders toe te laat.
Wat hierdie agentskappe met hul agente met mekaar in gemeen het, is integriteit, ervaring en profesionaliteit. Wat dit betref, is Bloemfontein / Mangaung gelukkig om diensverskaffers van hierdie kaliber te hê as 'n noodsaaklike skakel in die voorsieningsketting van vars groente en vrugte.
Hul werkstyd is ook ongewoon - begin soggens om 04:00, om so 12:00 huiswaarts te gaan.
Iets meer oor hulle - in alfabetiese volgorde:
Bloemfontein Algemene Markagentskappe: Met Steve Swanepoel en August de Andrade as die vennote, bygestaan deur Leon Stoop en Tony Flanigan, bestaan die firma al meer as 27 jaar. Van hul kliënte lewer al oor die geslagte by hulle groente en vrugte vir die Mark. Steve sê hul sterkpunt is persoonlike en flinke diens - hulle werk self direk met die produsente en het bv. geen administratiewe personeel nie.
Modise Market Agency: Die eienaar is Modise Mokgela, bygestaan deur Jozua en Andries Erasmus en Mias - 'n span bekwame markagente met gesamentlik meer as 'n kwarteeu markervaring. Hulle was die eerste swart bemagtigingsmarkagentskap in die land en het veral die afgelope jaar van krag tot krag gegaan. Jozua sê daar is geen plaasvervanger vir professionaliteit en flinkheid nie en dit is wat by hulle aangetref word.
RSA Agents: As deel van 'n landswye onderneming wat oorspronklik in 1974 by die Johannesburg Varsproduktemark gestig is, staan die Mangaung-kantoor onder Dave Oracki, bygestaan deur 'n entoesiastiese en toegewyde span agente en administratiewe personeel. Die agente is vir vrugte Damian, Div, Ina en Thys, vir aartappels Nico en Clive, vir groente Michael en Tyrone en vir tamaties Dave en Jarred.
Vrystaat Markagentskap: As reeds vir 36 jaar deel van die Varsproduktemark, word Vrystaat Markagentskap al deur die derde geslag Naudés bedryf. Besturende direkteur Dries sê hulle bedank graag van harte sowel hul lojale produsente wat hulle deur die jare ondersteun het, as die lojale kopers wat hulle gedra het. Sonder hierdie ondersteuning sou hulle dit nie gemaak het nie, maar saam vorm hulle die goue skakel tussen produk en verbruiker.
Subtropico: Die Bloemfontein / Mangaung-kantoor onder leiding van Ian Weppenaar word beman deur 'n span wat ook reeds baie jare aan die Varsproduktemark verbonde is. In 2005 het verkope deur hul gehanteer R48 miljoen beloop. Ian sê hy en sy kollegas Phillip van der Berg, Ogies Wessels, Pieter Erasmus en Shaun du Plessis bedank graag al hul kliënte vir die ondersteuning - daarsonder sou sukses nie moontlik gewees het nie.
Doing business
One of the main objectives of the Mangaung Fresh Produce Market is to build the local economy and to empower communities. In practice the Market is indeed a strong generator of economic activity and business opportunities.
Trading at MFPM is guided by the Market Agents' By-laws as well as those determined by the Mangaung Local Municipality.
Producers may of course choose any market agent they wish to do business with, while the market agents from their side may choose whose products they wish to sell. Sellers and buyers determine the price at which products are sold, taking into consideration the dynamics of the market environment.
Buyers at the Market deal directly with the market agents and it is therefore important that all issues be resolved with the market agent. Any intervention by the Market management will only be as a last resort.
Die propvol program vir oud en jonk van wat om te doen en te sien, maak van die Bielie-Mieliefees op Reitz een van die jaarlikse hoogtepunte in die Oos-Vrystaat en vanjaar beloof om geen uitsondering te wees nie!
Wat dit betref, moet vanaf 9 tot 11 Februarie te Reitz die volgende vrae beantwoord word :
Kan jy dans?
Die Bielie-Mieliefees 2006 skop af met 'n straatfees soos nog nooit te vore nie.
Die Karee-boereorkes verskaf loslit-dansmusiek wat oud en jonk se voete gaan laat jeuk, terwyl die vure hoog gaan brand met 'n heerlike skaapspitbraai teen net R30 per bord.
Kan jy sing?
O, ja, kan jy sing sing of ken jy iemand wat goed kan sing? Daar is 'n plaaslike “Pop Idol”-kompetisie so goed soos die beste.
Pryse te wen en ook 'n geleentheid om in die voorprogram op te tree die Saterdagaand.
Finaliste tree Donderdagaand op by die straatfees en die wenner sing in die voorprogram van Steve Hofmeyr se konsert. Bel die skoukantoor sommer dadelik as jy belang stel.Inskrywings sluit op 31 Januarie.
Kan jy kook of ploeg?
Vrydag is vol prettighede gepak kompleet soos op 'n mieliekop ingeryg - Ready Steady Cook - kompetisie vir die dames asook 'n junior sjefkompetisie, trekker-en-ploegvertonings, toutrek en vir die manhaftiges is daar 'n skouspel van Bulletjierugby. Êrens moet jy jou nis vind, reg?
Is jy mooi of jonk?
Daar is ook Mej. Mieliepit- en Mnr. Melkbaard-kompetisies en “Roer en Rumoer” vir die jonges van gees. Asembenemend en vet pret!
Kan jy fietsry?
Vir die fikse besoekers is daar weer 'n fietswedren. Kom toets jou stamina voor die Argus saam met 'n nasionale span of twee. As fietsry jou nie geval nie, is daar 'n half-marathon (21 km) asook 10- en 5-km-wedlope.
Hou jy van Steve & kie?
Kunstenaars om na uit te sien is onder meer Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Otto Kahl Oomphaorkes, Wynand Strydom, Karin Ferreira en Rudi Muller met die befaamde Waka-Waka Ferdinand Rabie as programleier! Jong, wat wil jy nog hê??
Navrae aan die Skoukantoor by 072 180 3380.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.