.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archive Section >> Letters to the editor >> April 2005


“Free State water how good?”

U voorbladartikel in die Maart 2005 uitgawe van die Vrystaat Sake Bulletin verwys. Ek het drie jaar gelede van Rustenburg na Welkom verhuis. Ek het onmiddellik siek geraak en dokter na dokter besoek. Die uitslae was almal of maaggriep, of diarree of een of ander virus. Aanvanklik was ek bang ek gaan dood, naderhand het ek gewens ek gaan dood. Ek het eendag per toeval 'n persoon ontmoet wat RO (Reverse Osmosis Sisteme) verkoop. Ek het uit desperaatheid toe 'n RO aangeskaf. Die probleem het ná net drie dae verdwyn. Ek kan dit vir enigeen aanbeveel. Inteendeel ek het al van heelparty mense verneem met soortgelyke probleme en ook nadat hulle 'n RO aangeskaf het, is die probleem opgelos. Daar het egter 'n ander probleem sy kop uitgesteek - ek het vandat ek in Welkom bly baie klein uitgroeisels op my arms begin kry. Ek het by die een dokter verneem dat dit velkanker is. Ek het opgelees dat in studies in Amerika bevind is dat aanhoudende blootstelling aan enige vorm van chloor kanker kan aanwakker. Daar is ook bevind dat 'n mens meer chloor deur jou vel kan opneem deur 15 minute onder die stort deur te bring as deur 'n glas water te drink. Ek is jammer om te sê, maar die Vrystaat se water is niks minder as pateties nie. Ek het by die suiweringsaanlegte gaan besoek aflê en hulle doen regtig moeite met die suiwering, maar die groot probleem lê by die munisipaliteite. Die mense wat na die water moet omsien, is in die eerste plek heel onbevoeg. Die volgende verskoning is dat daar nie die nodige fondse is nie. As die munisipaliteite nie so gebuk gaan onder korrupsie en wanbestuur nie, kon die nodige aandag aan die probleem geskenk word. Bogenoemde is nie net my opinie nie - u kan gerus enige iemand in Welkom bel en uitvind hoe hulle oor die aangeleentheid voel. My selfoonnommer is 082 356 9526.

Paul Pieterse
Welkom

Water in Meloding

Your front page story in March 2005 refers. I am sure that a high percentage of the drinking water is good, but unfortunately the same cannot be said about the drinking water in Meloding, Virginia. The water tastes bad, it is not very clean and when you take a bath, as soon as you put soap in it, the soap does not foam, it sours. You can even taste the bad water in tea, it is that bad. I wish that the Municipality would do something about the water; it has been like that for quite some time now. Thank you for giving people like us the opportunity to comment about an issue such as the quality of our drinking water.

MGS
Meloding
Virginia

Bloemfontein water

Uit persoonlike ondervinding dink ek die kwaliteit van Bloemfontein se water het die afgelope paar jaar so versleg dat 'n mens dit nie meer kan drink nie. Ek is tans woonagtig in Langenhovenpark: Die water was al bruin, het geproe na skoon kalk en daar het al snaakse voorwerpe en haartjies (waarvan weet ek nie) in die water gedryf. Ek werk in die Westdene-area en kan daarom ook getuig dat die water in daardie area definitief ook nie op standaard is nie, dit is met tye wit (melkerig, soms bruinerig).
Ek voel net dat ons almal geregtig is op skoon water, vir beter gesondheid. As die kwaliteit van water so goed is, waarom moet belastingbetalers watersuiweraars in hul huise laat installeer?

Me. CFM Viljoen



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.