

Current Edition >> Archive Section >> Letters to the editor >> 1-16 October 2005
Casino problematies
As ACDP-navorser stel ek gereeld navorsingsverslae op, een van die jongste wat handel oor Bethlehem se casino. Dis nie 'n wetenskaplike verslag nie, deels omdat dit moeilik is om konkrete data te bekom en nog moeliker is om dit te verifiëer.
Bloemfontein is vol rillerstories na die casino geopen het - vroue wat in trane uitbars omdat hulle hul kruideniersgeld alles verloor het en mans wat hul hele salaristjek uitgedobbel het. 'n Mens moet ook verreken dat baie hiervan sake van verbygaande aard is.
In Bloemfontein is die casino ook teenaan armer woongebiede gebou. Amerikaanse navorsing toon dat mense in 'n radius van 16 km van 'n casino meer geneigd is om dobbelprobleme te ontwikkel en behoeftiger mense ook meer is as meer welvarende mense.
Die casino in wording te Bethlehem word as groot ekonomiese inspuiting aangebied. Dit sal na berig word in die boufase meer as 400 werksgeleenthede bied en ná voltooiing meer as 100. Die projek bestaan uit 30% swart ekonomiese bemagtiging. Die berigte vermeld uiteraard nie dat die meeste van die kapitaal wat gegenereer gaan word, uit Bethlehem se eie sakke gaan kom en dus ander plaaslike sakke gaan benadeel nie.
Met die opening van die casino in Bloemfontein het baie sakelui aangedui dat hulle skade ly - van 'n gewilde drinkplek tot 'n dokter en apteker. Selfs by die Langenhovenpark Boeremark kla die meeste uitstallers dat die casino die publiek se koopkrag aftakel. Met die ontsettend baie motors wat Sondagoggende op die casino se parkeerplek staan, is dit amper ondenkbaar dat kerke nie ook skade ly nie.
As 'n mens in gedagte hou hoeveel minder brode ('n syfer van tot 30 000 per week) in Kimberley verkoop is nadat die lotto ingestel is, dui dit daarop dat mense minstens aanvanklik selfs die mees basiese opoffer.
Van hierdie “downside”, soos Dicky van Vetkoekpaleis oor sy minder suksesvolle lotto-spelery verwys, word in die berigte niks vermeld nie. 'n Mens moet in gedagte hou dat casino's groot adverteerders is en advertensies is die media se lewensbloed.
Die punt is egter dat Bethlehem eintlik ook die ekonomiese en maatskaplike “downside” moet verreken en betyds daarvoor moet inrig.
Herman Toerien
Mediawoordvoerder: ACDP
Bloemfontein
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.