

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> December / January 2004
Te Gariep Dam is 'n nuwe Toerisme- en handvaardigheidsentrum op 8 November 2004 deur die Adjunk-minister van Kuns en Kultuur, Me. Ntombazana Botha (voor) en die Adjunk-minister van Omgewingsake en Toerisme, Me. Rejoice Mabudafhasi (links agter), amptelik geopen. Terselfdertyd is die Louis Mare-Gariepdam Museum, wat die destydse bouproses van die dam uitbeeld, geopen. Die museum is gefinansier deur 'n private skenker, mnr. Louis Maré, terwyl dit ingerig is deur die Vrystaat Provinsiale Museumdienste as deel van hul hulp aan private museums.
Die Adjunk-ministers was ook vergesél deur twee LUR'e, mnr. Joel Mafereka en dr. Benny Malakoane,asook me. Rachel Sempe (Hoof van die Vrystaatse Dept. van Kuns, Kultuur en Sport) en verskeie burgemeesters van omliggende plaaslike en distriksmunisipaliteite. Die Noord-Kaapse LUR vir Kuns en Kultuur, me. T. Madikane was ook teenwoordig.
Die oprigting van die gebou is befonds deur die nasionale Dept. van Omgewingsake en Toerisme as deel van die Armoedeverligtingsprogram.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.