

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 3 April 2007
• Johann Dannhauser
'n Georkestreerde veldtog deur toerisme-instansies in die Vrystaat word gedurende hierdie Paastyd geloods om die provinsie te bemark aan deurgangverkeer op die hoofroetes na ander bestemmings landswyd. Die veldtog, bekend as die Goody Bag-veldtog, sluit terselfdertyd navorsing in oor toerismebewegings in die Vrystaat.
Altesaam 23 verteenwoordigers van verskillende toerisme sektore gaan pamflette en brosjures oor die Vrystaat uitdeel by diensstasies, beginnende op 3 April te Clarens en Harrismith, waarna op 4 April 'n netwerksessie te Johannesburg gehou word en terselfdertyd Ventersburg ook gedek word. Op 4 April kom die Engen Eenstop buite Bloemfontein aan die beurt.
Die Goody Bag-veldtog word finansier deur die Vrystaat Toerisme-owerheid.
Op die foto is van links Lebohang Mopeli (Kerona Tourism & Events), Bayo Logabane (Kerona T&E) en Lisa Moulder (Motheo Toerisme), by 'n Gauteng gesin oppad na die suide. Die bemarkings-koördineerder van die veldtog is Tumi Moleme van Motheo Toerisme.
Die foto is geneem by die suidelike Engen Eenstop, Bloemfontein.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2008 Web D-Zign Inc. All rights reserved.