

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 15 December - 31 January 2006
Die Vrystaat Sake Bulletin, as koerant vir besigheid en ontwikkeling vir die Vrystaat, het met die verloop van tyd 'n verspreidingstruktuur ontwikkel wat dit op 'n unieke wyse uitbring by 'n strategiese teikenmark, nl. besigheid en regering in sentraal Suid-Afrika.
Die tweeweeklikse, gratis koerant word in Bloemfontein gedruk en dan word bondels koerante per koerier geneem na die sowat 30 sentra waar dit deur individuele verspreiders by spesifieke punte op elke dorp / stad afgelewer word. Die spesifieke punte sluit in individuele besighede en kantore, gastehuise, konferensie-sentrums, staatsdepartemente, munisipaliteite, koöperasies / landbou-ondernemings, gholf-klubhuise, hoër onderwys-instellings, diensstasies op nasionale roetes, toerismeburo's, winkel-sentrums, ens.
In die Vrystaat word die Vrystaat Sake Bulletin gestruktureerd versprei te Bethlehem, Bethulie, Boshof, Bothaville, Bultfontein, Clarens, Deneysville, Ficksburg, Gariepdam, Golden Gate, Harrismith, Hertzogville, Jagersfontein, Kroonstad, Koppies, Ladybrand, Odendaalsrus, Parys, Paul Roux, Philippolis, Phuthaditjhaba, Reitz, Sasolburg, Senekal, Smithfield, Trompsburg, Virginia, Welkom en Zastron.
Dieselfde geld aangrensende sentra te Colesberg, Kimberley, Klerkdorp, Potchefstroom, Vanderbijlpark, Vereeniging, Maseru en Aliwal-Noord.
Die koerant word ook selektief aan kantore van besigheidskamers in die hoofsentra in SA gepos, bv. Kaapstad, Durban, Pretoria, ens.
Voorts word die koerant ook volledig op die Internet gepubliseer by www.bulletinonline.co.za waar die hele koerant, insluitende die advertensies, gelees kan word.
Dit plaas die Vrystaat Sake Bulletin as 'n advertensiemedium in 'n liga van sy eie.
Vir meer besonderhede oor verspreiding en beskikbaarheid kan Ankia Keogh geskakel word by (051) 430 5445 of faks (051) 430 7562 of eposadres by emarket@emarket.co.za.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.