

Current Edition >> Archives Section >> Leading Stories >> 1-15 June 2005
Om die Springbokke in jou geledere te hê, is nie net vir finansies voordelig nie, maar ook vir die gees van die gemeenskap. In die twee weke wat die Springbokke in Bloemfontein geoefen het, het die sowat 45 sterk oefenspan en hul ondersteuningspan van sowat 20, bestaande uit fisioterapeute, dokters, ens 'n finansiële hupstoot verleen aan onder meer die toerismebedryf, Vrystaatse Rugby en inkopiesentrums. Buiten die spelers, besoek ook baie lede van die media die stad, terwyl ondersteuners van die platteland graag ry om na oefensessies te kom kyk. Wat ook belangrik is, is dat die Springbokke bydra tot ontwikkeling deur o.m. ontwikkelingskampe te hou by klubs, veral in agtergeblewe gebiede. Siek kinders in hospitale word ook besoek.
Op die foto is van links Joe Venter van die Vrystaatse Sportskrywersvereniging, Springbokspeler Danie Rossouw en Tania Sandberg van die Vrystaat Sake Bulletin by die Holiday Inn Garden Court waar die Bokke tuisgegaan het. Die Vrystaat Sake Bulletin het ook onlangs lid geword van die Sportskrywersvereniging.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.