.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Gesels by die koffietafel >> January 2008


Kobus wiese


Vir hierdie kuiertjie by die Koffietafel het ons iemand wat miskien tereg as “Mnr. Water” bekend kan staan, naamlik Kobus Wiese van Forever Pure Water, gebaseer in Bloemfontein. Sommer met die intrapslag sê hy ons moet net seker maak die koffie is van gesuiwerde water!

Kobus het Forever Pure Water in 1999 in Bloemfontein begin en stelselmatig opgebou tot 'n besigheid wat landswyd diens lewer in sekerlik een van die sleutelbedrywe, nl. die voorsiening van gesuiwerde drinkwater. Dit loop natuurlik hand aan hand met die gelydelike agteruitgang van die gehalte van drinkwater in SA die afgelope 10 jaar. Vandag is die punt al bereik dat geen mens wat dit enigsins kan bekostig, nie drinkwater gebruik wat nie gesuiwer is nie.

Maar waar lê die wortels van Kobus Wiese oorspronklik? “Gebore te Kakamas, waar ek ook gematrikuleer het. My pa was 'n besproeiingsboer. Daarna diensplig in die Pantser-afdeling te Bloemfontein en toe vier jaar by die BOK om te kwalifiseer as onderwyser. Het skool gehou te Bethlehem, voordat ek die stofsuierbedryf betree het en 'n Kirby-agentskap gehad het.

“Ek het ook betrokke begin raak in die watersuiweringsbedryf in 1999. Vandaar af het dinge net gegroei, hoewel dit nie sonder harde werk en deursettingsvermoë was nie.

Gesin? “Ek is getroud met Alta en ons het twee seuns, Altus en Kristian.”

Tydsbesteding buite die besigheid? “Ek is lief vir hengel, veral in die Oranjerivier daar in die wêreld van my kinderdae. Daar is volop vis. Hou ook van tuinmaak.”

Gunsteling gereg? “Potjiekos.”

Musieksmaak? “Boeremusiek en verskeie kunstenaars soos die Drie Tenore, Celine Dion, ens. Ek hou nie van rock nie.”

Passie in die lewe? “Ek is 'n perfeksionis in dinge wat ek uitvoer, sonder om toe te laat dat dit negatief word. Ek hou daarvan dat dinge reg gedoen word. Dinge mag nie skeef staan nie, dit moet waterpas wees!”

Wat maak jou kwaad? “Iemand wat laat is vir 'n afspraak.”

Lewensfilosofie? “My Christenskap is belangrik. Ek glo daarin om voluit te leef. Ook moet 'n mens gedurig verbeter en nie stagneer nie. Jy moet droom en ook aktief werk om dit te verwerklik. Die mense saam met jou om jou droom te bereik, is ook belangrik.

Enige ander opmerking? “Niemand het nog ooit vir my oor 'n profiel van myself gevra nie!”



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.