.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Gesels by die koffietafel >> February 2008


Hawies Fourie


In die gees van die nuwe rugbyseisoen en die professionaliteit waarmee dit gepaard gaan, het die Vrystaat Sake Bulletin besluit om 'n koppie koffie te gaan drink by die Cheetahs se hulpafrigter en agterlynspesialis, Hawies Fourie.

Hawies is sedert Mei 2007 die hulpafrigter van die Cheetahs nadat Rassie Erasmus en Franco Smith ander weivelde gaan soek het.

As sulks het hy reeds sy merk gemaak en allerweë word sy belangrike bydrae in die verowering van die 2007 Curriebeker erken.

Op afspraak tref ek Hawies by sy kantoor by die Vrystaat Stadion aan en begin deur hom te vra waar sy wortels lę. Hawies is 'n oud Transvaler (Belfast gebore en getoë) voordat hy 'n B.S.c graad in ekonomie en landbou-ekonomie by Maties in Stellenbosch verwerf het. Later het hy op Ceres 'n suksesvolle kettingwinkel, Top Gear, saam met vennote geopen.

Vanaf 2000 tot 2002 het Hawies die Ceres-rugbyspan afgerig en daarna die Boland Kavaliers, wat o.a. twee keer met nasionale titels weggestap het. Hier het hy die oog van Naka Drotské gevang wat hom gevra het om hulpafrigter van die Cheetahs te word. Die res is, soos hulle sę, geskiedenis.

Waarna kan Cheetah ondersteuners vanjaar uitsien? “Dieselfde tipe rugby as in die Curriebeker verlede jaar, maar ons wil verbeter op die afgelope twee jaar se prestasies en beoog om vanjaar hoog in die Super 14 te eindig.”

Wat word gedoen omtrent bemarking en ontwikkeling van VS rugby? “Die Cheetahs neem deel aan handtekeningsessies en gholfdae. Afrigtingsklinieke word aangebied en dan is daar natuurlik die drie blokke wat by sekere wedstryde op die veld geplaas word. As welsynsorganisasies reg kan raai tussen watter een van die drie blokke 'n drie gedruk gaan word, wen daardie organisasie 'n sekere bedrag.”

Som vir ons in 'n neutedop op die rol van die professionele afrigter in moderne rugby?

“Dit gaan nie net oor afrigting nie, maar jy spandeer ook baie tyd saam met die spelers en bou goeie menseverhoudings met elkeen. So ken jy elke speler persoonlik en kan hom akkommodeer om die beste speler te wees wat hy kan. As afrigter moet jy 'n voorbeeld stel vir die spelers wat betref respek, dissipline en stiptelikheid.”

Gesin? “Ek is getroud met Juanne Fourie en ons het twee seuns, Du Toit (5) en Herman (7). Hulle speel reeds albei rugby en is energieke Cheetah-ondersteuners.”

Wat doen jy in jou vryetyd? “Ek geniet dit om gholf te speel en om vir 'n naweek saam met my gesin weg te gaan.”

Gunstelingmusiek? “Afrikaanse musiek. Die seuns is veral lief vir Leon Schuster se Cheetah-liedjie.”

Gunstelinggereg? “Fillet steak, met vrugteslaai en roomys vir nagereg. Nog 'n gunsteling is Primi Piati se sampioenhamburger.”

Wat maak jou gelukkig? “As die Cheetahs wen. En my gesinstyd.”

Wat maak jou kwaad? “As die span 'n wedstryd verloor wat hulle kon gewen het en verloor het nie omdat ons opponente beter was nie. Verder hou ek ook nie van oneerlikheid nie en as mense nie hul beste lewer nie.”

Lewensfilosofie in 'n neutedop? “Enigiemand kan bo uitkom as jy passie het vir dit wat jy doen en jou beste gee. 'n Mens is gebore met talent en wat jy daarmee doen is in jou hande. Dit is vir my lekker om te sien hoe mense uitstyg ten spyte van hul moeilike omstandighede. Ek glo ook daarin dat jy 'n verskil in die lewens van ander moet maak en nie selfsugtig moet wees nie.”



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.