.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Gesels by die koffietafel >> 23 February 2007


Hjalmar Carlson


Wat is kortliks jou persoonlike agtergrond?
Ek het op Montagu in die Wes-Kaap gematrikuleer en was die skakelbeampte by Zewenwacht Wynlandgoed vir 'n paar jaar. In 1994 het ek Bloemfontein toe verhuis en beskou myself nou as 'n egte Vrystater in murg en been. My na-skoolse kwalifikasies sluit in 'n Diploma 1 van "Cape Wine Academy", Sertifikaat in openbare betrekkinge, Diploma in Besigheidsbestuur, Sertifikaat in Praktiese Besigheidsbestuur en opleiding in versekeringswese.
Loopbaan - /werksgeskiedenis kortliks?
Ek het in 1994 by PPS Versekering in Bloemfontein begin en 1999 by Sanlam aangesluit.
In 'n neutedop wat presies doen jy by Sanlam?
Ek verleen bemarkingsondersteuning aan die verskeie distribusiekanale vir Sanlam in die Vrystaat, Noord Kaap en gedeelte van Noordwes deur middel van bemarkingsprojekte en borgskappe.
Hoe sien jy kortliks die toekoms van besigheid in die Vrystaat?
Daar is ongelooflike groeipotensiaal in die Vrystaat. Ons moet die geleenthede raaksien en dit ontgin.
Wat eet jy gewoonlik vir ontbyt!?
Ek drink 'n koppie "green tea"!
Belangstellings buite die werksplek?
Tuinmaak, kosmaak en lees.
Gunstelingkos?
Enige kos wat my man, Howard, voorberei. Hy is 'n wonderlike kok en het die vermoë om 'n eenvoudige dis in 'n gastronomiese ervaring te omskep!
Musieksmaak?
Jazz en soul en blues. Deesdae luister ek ook na sommige hiphop saam met my seun, Carl.
Wat werk op jou senuwees?
Mense wat nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Mense wat nie passie en inspirasie vir die lewe het nie.
Lewensfilosofie?
Respekteer en behandel ander soos jyself behandel wil word.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.