.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Gesels by die koffietafel >> 20 November 2006


Dr. André van den Berg


Vandag by die Koffietafel het ons iemand wat 'n groot rol speel in die ontwikkeling van potensiële entrepreneurskaptalent in die Vrystaat. Soos gewoonlik egter, om die profiel mooi in perspektief te kry, begin ons by die begin.
Waar lê die wortels, André? Ek was vanaf St. 4 in Boshof op skool en het in 1973 aan die Rooidak Skool gematrikuleer. Die dorp vier mos vanjaar sy 150-jarige bestaan, terwyl die Rooidak Skool sy eeufees vier. Nà Matriek het ek diensplig gedoen en toe aan die Universiteit van die Vrystaat B.Comm en HOD behaal. Later ook M.Comm deeltyds.
Ek het ses jaar onderwys gegee aan die Hoër Handel en Tegniese Skool in Bloemfontein voordat ek deeltyds begin klas gee het aan die destydse Technikon OVS. In 1985 is ek aangestel as senior lektor in Sake-administrasie, terwyl in 2002 die aanstelling gekom het as Direkteur van die Skool vir Entrepreneurskap en Besigheidsontwikkeling asook die Skool vir Rekeningkunde.
Intussen het jy ook jou doktorsgraad behaal – wat was die titel van die proefskrif? Die invloed van minimlone op die indiensnemingsvlakke van huiswerkers in die groter Bloemfontein-area.
Wat se persoonlike satisfaksie kry jy uit jou huidige betrekking? In die Skool fokus ons op drie dinge – onderwys en leer, gemeenskapsdiens en navorsing oor entrepreneurskap. Die Skool het gegroei tot die grootste van sy soort aan die SUT met meer as 2 000 studente en 32 dosente, waaronder ses programhoofde. Die kursusse wat ons aanbied strek vanaf Bemarking, Menslike Hulpbronbestuur, Personeelbestuur, Kantoorbestuur en Tegnologie, Interne Ouditkunde, Koste- en Bestuursrekeningkunde tot by Projekbestuur.
Vra jy my oor passie vir die werk, dan wil ek sê ons spandeer baie energie aan opleiding van opkomende entrepreneurs. Dit skakel weer in by die land se makro-ekonomiese beleid van groei en werkskepping. Ongelukkig weens beperkinge gestel deur die Nasionale Departement van Onderwys is plek vir studente-inname beperk en gevolglik moet die SUT streng keuringsvereistes toepas.
Gesinslewe? Getroud met Lizette, 'n Biologie-onderwyseres en ons het twee kinders, Lilandi en André, albei tans Kovsies.
Sport / vryetydsbesteding? Ek speel graag gholf as daar tyd is. Verder is ek lief vir jag in die winter.
Musieksmaak? Afrikaanse musiek van Laurika Rauch, Mathys Roetws en Theuns Jordaan.
Gunstelingkos? Steak met slaai. Ook seekos.
Waar hou julle vakansie? Ons het 'n huis by Boknesstrand, asook tyddeel by Umhlanga.
Waarin het jy 'n hekel? Swak dienslewering in alle opsigte.
Wat dink jy sal die Vrystaat 'n beter woon- en werkplek maak? Daar moet ernstig plan gemaak word met die hoë misdaad. Verder moet mense in posisies aangestel word alleenlik op grond van hul vaardighede en kennis.
Jou lewensfilosofie in 'n neutedop? “As jy nie gee nie, kan jy nie ontvang nie”.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.