.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Gesels by die koffietafel >> 1-16 November 2005


Alna de Villiers - Verpleegdiensbestuurder Rosepark Hospitaal


Om 350 mense te hê wat na jou opsien vir leiding is nie maklik nie, veral as dit verpleegkundiges is wat op hul beurt weer omsien na die intense nood en behoeftes van ander mense. Dit is die werk van Alna de Villiers, Verpleegdiensbestuurder van Rosepark Hospitaal, met wie ons hierdie keer by die koffietafel gesels. Om weereens by die begin te begin ten einde mooi in die prentjie te kom : Alna is 'n gebore en getoë Bloemfonteiner, Sentraal gematrikuleer, B. Soc. Sc. (Hons.) en 'n gevorderde diploma in verpleegadministrasie by Kovsies gedoen en nou 10 jaar in diens van Rosepark Hospitaal, waarvan sedert begin 2004 as Verpleegdiensbestuurder. Wat betref haar huidige pos, is die belangrikste bestuursvaardigheid wat Alna uitlig, die noodsaaklikheid om goeie menseverhoudings te handhaaf. “Sukses word nie deur een persoon behaal nie, dit is 'n spanpoging.”, sê sy. Kommunikasievaardighede is ook belangrik sodat jy na mense kan luister en hulle verstaan. “Jy moet jou visie na die laagste vlak kan kommunikeer en mense op hoogte hou van die nuutste verwikkelinge.” Verder is veranderingsbestuur 'n noodsaaklike vaardigheid vir bestuurders, veral in die mediese rigting. 'n Kwaliteit wat volgens haar tot voordeel is van vrouebestuurders, is dat hulle `n ingebore sensitiwiteit vir mense om hulle het en daarom meer toeganklik is en beter in staat is om te luister. “Mans kan dit natuurlik ook doen, maar dit kom net vir vrouens makliker!” Slegs ongeveer 10 van die 350 verpleegkundiges onder haar is mans. Alna is verantwoordelik vir die bestuur van drie prosesse, nl. kwaliteitbestuur, kostebestuur, personeelbestuur. Die bestuurhiërargie onder haar sluit in twee prosesbestuurders en 17 eenheids-bestuurders. Haar gunsteling deel van die werk is wanneer sy in die hospitaal rondloop om bietjie met die pasiënte en personeel te gesels. “Ek toon graag belangstelling en hoor hoe dit gaan.” Doelwitte wat Alna vir haarself stel, is om 'n bydrae tot die professie te lewer. “Wanneer ek aftree, wil ek 'n omgewing agterlaat waar die personeel voel hulle kry werksbevrediging en waarbinne hulle ruimte vind om te groei.” Hoe bereik 'n mens haar vlak in jou loopbaan? “Jy moet deur jou hele loopbaan verantwoordelik wees, terwyl organisasie en integriteit baie belangrik is. Jy moet 'n positiewe gesindheid en houding teenoor die lewe hê. Probleme moet as uitdagings beskou word.” Vryetydsbesteding? “Vir my is die lekkerste om net eenvoudig saam met my gesin te kuier.” Gunstelinggereg? “Braaivleis. Dit mag “boring” klink, maar so is dit!” Musieksmaak: “Enige iets rustigs - instrumenteel of sang.” Ooglopend 'n wakker vrou, verseker 'n raakvatter en iemand met 'n sin vir balans.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.