.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Gesels by die koffietafel >> 1-16 November 2005


Hettienne von Abo-Moolman - Voorsitter AHI Vrystaat


Die Vrystaat Sake Bulletin het ingeloer by die vrou met die hand op die stuur van die Vrystaat-tak van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) van SA. Vrystaat AHI beskik oor 15 geaffilieerde Afrikaanse Sakekamers in die provinsie en is primêr gefokus op die bevordering van die sakebelange van Afrikaans-sprekendes.
Aangesien dit gewoonlik die beste is om by die begin te begin, word genoteer dat hierdie aangename, ingeligte en wakker Bothaviller 'n produk van haar tuisdorp is. Egter gematrikuleer te Hoër Volkskool Potchefstroom en daarna BA HOD te Stellenbosch behaal.
Na 'n lang draai in die destydse Suidwes, vestig sy in 1976 weer te Bothaville, waar sy vandag 'n gastehuis bedryf en vanwaar sy kommersiële verhuring plaaslik en te Odendaalsrus behartig. In 1998 is sy verkies tot voorsitter van die Mieliehoofstad Sakekamer, in 1999 tot Onder-voorsitter van AHI Vrystaat en in 2001 tot Voorsitter van AHI Vrystaat.
Sopas is sy verkies tot Adjunk-president van Chamsa Vrystaat, die nuwe sambreelorganisasie vir georganiseerde besigheid in die provinsie.
Hoe sien Hetienne besigheid in die Vrystaat? “'n Goeie toekoms. As dit swaar gaan, kom mense mos met fenomenale denke. As dit goed gaan is die mense nie so innoverend nie. So byvoorbeeld in Bothaville is daar tans 'n boervrou wat rose uitvoer, terwyl 'n ander een professionele Kersmarkte op haar plaas aanbied. Omdat ons 'n landbougedrewe provinsie is wat tans in 'n knyptang is, is baie boervrouens genoodsaak om uit te spring.
“Dit kom mos uit ons geskiedenis - nà die Anglo-Boere-oorlog met sy verskroeide aarde was boervrouens die eerste om die hand aan die ploeg te slaan. Daar is pragtige verhale.
Vandag rig Rassie Erasmus die Cheetahs sonder veel vergoeding af, oud-stadsklerke bied hulle kundigheid aan munisipaliteite aan sodat ons 'n wen-provinsie kan wees. So het die Vrystaters wat hulle kragte saamgespan het in die toerisme-bedryf die provinsie laat klim van die 7de na die 5de plek.
“Die Vrystaat het ook 'n stabiele arbeidsmark, veral met die betroubare Sotho's - 'n kenmerk waarmee Gauteng nie juis kan spog nie. Daar is baie vertroue en lojaliteit tussen die mense wat saam op die Vrystaatse vlaktes grootgeword het.
“Ek sit al my geld op die Vrystaters. Hulle ken van planne maak en saamstaan” sê Hettienne.
Ma van vier, is sy getroud met prof. Piet Moolman, wat verlede jaar as die Direkteur van die Adviesburo vir Kleinsake by die Potch kampus van die Noordwes Universiteit afgetree het.
Vryetydbesteding? “Hoofsaaklik die gastehuis. Daarmee saam tradisionele kontreikos - komende nog van die konsentrasie-kampresepte. Veral die 'Stormjaer' 'n kluitjie wat in stroop gedoop word!”
Musieksmaak? “Klassiek”
“Ouderdom is net op die almanak?”, sluit sy af.



Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2005 Web D-Zign Inc. All rights reserved.