

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comments >> 1 - 16 September 2003
Rail safety - the bigger picture
The input by Spoornet in this edition on rail safety, indicates in an alarming way the wider implications of the matter. Not only is people's lives directly at stake, but also the theft of and damage to Spoornet property and assets are causing inestimable harm. Trains are being derailed, with all the ghastly consequences; services are being delayed, resulting in inter alia much lost work time; equipment and assets have to be replaced at millions of rands' expense; etc.
However, more than that : As we have espoused in this editorial column not long ago, as the country's roads are not capable of bearing the immense and growing traffic of people and especially goods and freight, a significant shift has to be made towards rail. Basically the infrastructure is there - it just has to be utilized in a much more productive way. Now Spoornet is indicating clearly that it intends moving in this direction - but this question of rail safety and asset protection poses a huge obstacle. The main point is that crime on Spoornet assets has to be curbed in order to expand SA's transportation network, enabling the economy to breathe much better - to the benefit of all citizens across the spectrum. In curbing this crime, everybody can make a contribution - even if it is only reporting crime to the available 24 hour number. But more than that, we need indeed as a people tangible moral regeneration.
May Free Staters take note of this matter and contribute towards our province setting an example to the rest of the country.
Misdaad
Reeds jare gelede het die afmetinge wat misdaad in SA aangeneem het, ons genoop om in hierdie redaksionele kolom op te merk dat daar 'n sosiale kontrak is tussen owerheid en onderdaan in die sin dat die onderdane die owerheid demokraties verkies en met hul belastinggeld toevertrou om hul lewe en eiendom te beskerm. Indien die owerheid hierdie basiese kontrak nie nakom nie, word 'n punt bereik waar die onderdaan geen keuse het nie as om die reg in eie hande te neem ter beskerming van sy laaste bate - sy lewe.
Die laaste tyd vloei die berigte van flagrante moorde, diefstal en ander geweldsmisdade in die Vrystaat dik en aanhoudend. Waar trek 'n mens die streep ? Wat sê jy bv. van die 87-jarige me. Julie Cahl van Wesselsbron wat verlede maand op 'n Saterdagmiddag midde-in 'n steeds bedrywige en produktiewe lewe wreed en blatant in haar woning vermoor is. Haar vader het vroeër jare só 'n rol in die gemeenskap gespeel dat die hoofstraat van die dorp na hom vernoem is, terwyl haar oorlede man vir 64 jaar as mediese dokter op die dorp vir alle inwoners gepraktiseer het. Nou so 'n einde ?
Onses insiens is die stadium reeds bereik dat die burger die reg het om die reg in eie hande te neem ter beskerming van sy of haar lewe. Voordat ons so 'n aksie egter sou aanmoedig, wil ons eers van ons beskeie kant verklaar dat misdaad die stadium bereik het dat 'n noodtoestand daarteen afgekondig moet word en dat dit onder meer moet insluit 'n referendum oor die doodstraf.
Daarsonder sal ook die ekonomie van hierdie land - en ook hierdie provinsie - nooit naastenby word wat dit kan en behoort te wees nie.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.