

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> September 2004
'n Mens se kop is so vol van die dinge wat in die Vrystaat en in die land aangaan - 'n 79-jarige vrou se hande word agter haar rug vasgebind en haar keel afgesny, die polisie in die provinsie moet sosio-ekonomiese betogers met geweld bedwing, die klippe reën en die Parlementêre korrupsiebeweringe slaan wyd uit. Tog wat ook in en om die Vrystaat aangaan, word weerspieël in hierdie uitgawe van die Vrystaat Sake Bulletin - en dit is 'n positiewe, sterk en dinamiese boodskap.
Dit is 'n boodskap van ontwikkeling en vooruitgang, van menslike inisiatief en entrepreneurskap - en een van samewerking en sinergie.
Ons is bly om te kan berig van die drie-provinsiale Lake !Gariep Toerismeroete wat op die been gebring en in bedryf gestel is deur uitstekende samewerking tussen drie provinsies, tussen regering en private sektor en tussen ander aandeelhouers. Die roete is bestem om 'n sleutelrol te speel in die verdere ontwikkeling van almal rondom Lake !Gariep.
Die Koepel Avontuurfees wat vir 14 - 16 Oktober 2004 in en om Parys gereël word, is 'n skitterende idee op die regte plek en tyd. Hierdie fees kan net van krag tot krag gaan en vir die Koepel-omgewing beteken wat bv. die KKNK vir Oudtshoorn doen en selfs die Kersiefees vir Ficksburg.
Die mense van Smithfield - trots op hul dorp en meer as bereid om die moue op te rol en te doen wat nodig is sodat hul dorp, omgewing en hulself vooruit kan gaan en dinge tot stand bring wat mooi en goed is. Dit alles sonder dat bakhand gewag word vir een of ander voorkeurbemagtiging.
Tourism Month 2004 - and reading what the Premier of the province and the new HOD for Tourism, Environmental & Economic Affairs have to say, then clearly a fresh new wind is blowing. This reflects a hand of co-operation and synergizing - as such an opportunity that should be seized by the private sector.
Communication is so important - it unlocks tremendous potential and that is what the Department of Public Works, Roads & Transport is doing with their newsletter Fast Forward. As a government institution entrusted with taxpayers' money, they are telling the public what they are doing with that money.
Die Vrystaat Sake Bulletin is dankbaar dat dit kan dien as kommunikasieplatform. Mag hierdie uitgawe dien as 'n trapplek tot verdere vooruitgang en nuwe hoogtes in die Vrystaat en sentrale streek van die land.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.