.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comments >> 1 - 14 February 2004


Editorial comments


Verwagtinge vir 2004
Wat kan in terme van besighede en ontwikkeling in die Vrystaat in 2004 verwag word? Oor die algemeen is die vooruitsigte goed en is daar talle geleenthede wat wag om aangegryp te word. Die vraag moet dus egter eerder wees: Wat gaan Vrystaters (ek) met die geleenthede en uitdagings maak? Dat daar egter terselfdertyd ook knelpunte en probleme is, is verseker so. Geleenthede en verwagtinge: Lae rentekoerse, die sterk rand en talryke entrepreneursgeleenthede wat wink, laat die opwinding pols. Voorts het die VS Dept. van Toerisme, Omgewing- en Ekonomiese Sake 'n Groeistrategie vir die provinsie wat hulle vanjaar wil implementeer en in Oktober 2004 aan resultate wil meet, terwyl die Premier se Ekonomiese Adviesraad daartoe verbind is om in April vanjaar hul hersiene Provinsiale Ontwikkelingsplan ter tafel te lê.
Knelpunte en probleme: Die droogteskade aan mielies en ander gewasse skep 'n kopseer vir wyer as net die boerderysektor, terwyl groeiende werkloosheid en armoede in die Vrystaat, veral in plakkersgemeenskappe, 'n groot, groot probleem is. Die gaping tussen rykdom en armoede word onrusbarend groter. Faktore wat sakevertroue en 'n positiewe ontwikkelingsmilieu daadwerklik kan aanhelp, is vasvat van misdaad, wegdoen met omgekeerde diskriminasie en afbrekende arbeidswetgewing. Die politieke landskap ná die algemene verkiesing vanjaar gaan die ekonomie uiteraard ook ingrypend beïnvloed. Kom ons wees egter in alles positief en maak die Vrystaat 'n beter plek vir al sy mense! Mag daar aan die einde van 2004 baie meer en baie sterker entrepreneurs in die provinsie wees as nou. Daarin het u in die Vrystaat Sake Bulletin 'n aktiewe vennoot.

Contracting outside the FS
A noticable trend lately is that some Free State government departments, institutions and private companies are contracting services and processing goods from outside the province, especially from Gauteng and Cape Town, while that same services and goods are by all accounts available in the Free State itself. For instance, in 2003 some major events in the Free State have been organized by service providers from outside the Free State whereas surely providers of equal standard are available locally. If the shoe fits, please do something about it. How is the Free State ever to advance if we do not assist each other, co-operate and trust one another locally? It is time we think and act Proudly Free State!


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.