.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> April 2005


Editorial Comment


Veiligheid in Westdene
In hierdie uitgawe word in detail berig oor die inisiatief wat ADT Security Bloemfontein, geneem het om d.m.v. 'n 24-uur fietspatrollie in Westdene misdadigers af te skrik en die veiligheidsituasie in die area te verbeter. As sulks is dit 'n loodsprojek van 'n instansie wat benewens brood-en-botter oogmerke, ook 'n passie het vir die saak. As mense wat in Westdene woon en werk, is dit die waarneming van die Vrystaat Sake Bulletin dat die sigbare patrolliediens van ADT beslis 'n dempende effek op misdaad in die gebied het.
Ons doen derhalwe 'n beroep op alle besighede en inwoners in Westdene om hierdie ADT-inisiatief te ondersteun deur in te skakel by die ADT-netwerk. Indien slegs 150 x kliënte by ADT inskakel, dan is die loodsprojek finansieël lonend en kan dit dien as 'n sleutelvoorbeeld vir ander areas in Bloemfontein en die Vrystaat.
Misdaadbestryding is almal se besigheid.

Gevaarligte
Gebeure in die jongste tyd in die Vrystaat, soos ook in hierdie uitgawe van die Vrystaat Sake Bulletin gereflekteer word, toon veral die ernstige gevaarligte vir die ekonomie van die provinsie en vir die welstand van elke inwoner:
Eerstens, die noodkrete van die landbousektor in die provinsie. Elders in hierdie uitgawe blyk uit 'n onderhoud met mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, hoekom die sektor so desperaat voel dat hulle hul tot die Grondwethof wil wend.
Tweedens, op 'n pasafgelope internasionale HIV/Vigs konferensie gehou by die Vrystaatse Universiteit is feite genoem dat die provinsie se Vigs-syfers hoër is as die gemiddelde van die land en dat binne afsienbare tyd duisende per maand daaraan sal sterf - met die gepaardgaande impak op die ekonomie.
Derdens, verskyn voortdurend berigte van interne politieke struweling in die Vrystaatse regering - met die gevolglike lamlê van broodnodige sterk ekonomiese leiding vir die provinsie.
Hoewel daar ook positiewe verwikkelinge is, soos ook elders in hierdie uitgawe berig word, sal hierdie drie gevaarligte dringende aandag moet kry indien die Vrystaat 'n goeie opsie vir woon en belegging wil wees.

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.