.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 15-31 July 2005


Editorial Comment


Sakesektor die aandrywer
Die jaar 2006 is op 'n galop en soos hierdie uitgawe van die Vrystaat Sake Bulletin op beskeie wyse reflekteer, spruit besigheid en ontwikkeling in die provinsie feitlik geheel en al uit die sakesektor. Kyk net hoeveel inisiatief en dryfkrag is daar wat dinge laat gebeur - van besighede tot feeste en van ekspo's tot nuwe projekte. Die feite omtrent die regeringsektor daarenteen is nie juis gunstig nie - die verval van infrastruktuur, gebrek aan oorhoofse beplanning, gebrekkige munisipale dienslewering, ens. Voeg nog hierby verskynsels soos soms sinnelose misdaad, dikwels roekelose swart bemagtiging, opmerklike korrupsie en wanbestuur (ook in die privaatsektor), ens. en dit is duidelik dat kop gehou sal moet word deur die jaar om jou balans te behou. Maar wat, egter, die ekonomiese groeikoers lyk of dit optel, baie mense ry blink motors, daar is volop weelderige wonings en dit koop en verkoop dat dit klap. Kophou en sober bly, lyk na 'n goeie riglyn vir 2006, ook in die sentrale deel van die land.

"Unemployable mass"
It's a term coined and it's sticking: “Unemployable mass”. It is sticking because, as we are thinking, it is so relevant to the Free State, to South Africa and to Africa. Despite what any so-called official statistics might say, the unemployment figure gets moving up, basically from anything at 45% to some 95% in worst case areas. Also, importantly, the chances are getting slimmer of the unemployed obtaining jobs, sustainable at least. Why? Because technological development is moving faster ahead than skills development and training. There are now too many adults - sometimes millions of them - who are simply not skilled or insufficiently skilled trained and / or capable of making a meaningful contribution to the economy. Reading, writing, communication and perceptive skills are not up to standard by a long way. Moreover, the computer, the Internet, cellphone and other technology are just widening the gap - and the system has no real solution. It's a problem and a burden, this “unemployable mass”.



Graanbedryf - kat in duiwehok
Dit lyk of die spreekwoordelike kat in die duiwehok in die graanbedryf - wat 'n stewige deel van die Vrystaatse ekonomie uitmaak - los is. Graan SA en indirek Statistieke SA het kennelik misgetas met veral die mielie-oesskattings en hulle gevolglike advies aan boere om veel minder, of glad nie, te plant. Ry jy tussen Bultfontein en Orkney dan is na raming 70% van lande onbewerk. Dit het daartoe bygedra dat die mielieprys eers met 60% gedaal het en toe met 200% gestyg, terwyl talle boere in finansiële verknorsing nou “aanbiedings” ontvang om hulself teen “afslagpryse” te laat sekwestreer. Daarby het 'n alternatiewe graanbeheerorganisasie vir Graan SA opgeskiet. Al wat ons oor hierdie gefladder wil sê, is dat koelkoppe nodig is om die korrels van die kaf te skei - en om boere / graanprudusente / voedselverskaffers vir die land die enigste wenners te laat wees. Op bestuursvlak moet daar onbaatsugtige mense wees wat die bedryf op die hart dra en nie diegene wat te veel op televisie verskyn en vir die pawiljoen speel nie.

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.