

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 15-31 July 2005
Aktiewe bydrae van kwaliteit
Die Skool vir Entrepreneurskap en Besigheidontwikkeling en die Skool vir Rekeningkunde aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat, wat pas vir 2005 hul jaarlikse toppresteerders aangewys het, verdien 'n klop op die skouer met die volgehoue bydrae wat hulle tot die ekonomie van nie net die sentrale streek van die land maak nie, maar ook tot op nasionale vlak.
Die twee Skole kry jaarliks ver meer aansoeke van studente as wat hulle kan akkommodeer en dus is hul in 'n posisie om die room af te skep. Die kwaliteit van onderrig wat die twee Skole aanbied en handhaaf is van volgehoue hoë standaard en die 25 toppresteerders uit sowat 3 000 studente soos wat nou weer vereer is, is inderdaad die room van die oes. Die twee Skole trek ook die meeste studente in die Fakulteit Bestuursdienste waaronder dit ressorteer, wat weer die grootste Fakulteit van SUT is.
Die aard van die opleiding wat studente by die twee Skole kry, rus hulle ook nie net toe met uitstekende kwalifikasies nie, maar studente word ook spesifiek ingelig hoe om entrepreneurs te wees – dus nie net arbeidskragte nie, maar ook aandrywers in die ekonomie.
Derhalwe voorwaar 'n klop op die skouer.
Entrepreneurskap - nie maklik nie
Somebody remarked the other day : “In 1920 Trompsburg had continuous water and electricity. In 2006 it has none of these two as such.” True – and how true of many a town these days in the Free State and in a wider context.
May the new brooms as the result of the recent municipal elections turn this backward situation positive again.
Wat is nodig vir beter besigheid
Aangesien die hoofaandrywer van die ekonomie private inisiatief en besigheidsontwikkeling is en omdat mense meer geld wil maak, is die vraag wat is nodig in die sentrale streek om sterker besigheid te genereer – individueel en kollektief?
Die Vrystaat Sake Bulletin het sigself geposisioneer as 'n medium om by te dra tot besigheid en ontwikkeling in die Vrystaat en in sentraal SA. Dus hoe voel ons lesers : Wat is nodig om sterker besigheid in ons streek te genereer? Wat moet die Vrystaat Sake Bulletin publiseer om u in hierdie verband te help?
Sê asb. vir ons wat wil u in hierdie koerant sien – en nie sien nie? Ons sal net menings publiseer wat vir publikasie bedoel is. Ons wil egter graag weet wat die behoeftes van ons lesers is.
Skryf, faks of epos vir ons.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2006 Web D-Zign Inc. All rights reserved.