.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Editorial Comment >> 16-31 August 2005


Editorial Comment


Vrouedag/Vrouemaand
Dit het feitlik węreldwyd tradisie geword om jaarliks Augustus as Vrouemaand en 9 Augustus as Vrouedag te vier. In Suid-Afrika en ook in die Vrystaat val die klem op die negatiewe aspekte van vrouwees - die hoë verkragtings- en mishandelingsyfers, ens. Dit is jammer, want eintlik moet die klem val op 'n bietjie bederf van vroue en die mooi dinge. Hopelik en baie sterk hopelik sal die gety nog so positief gedraai word. Intussen bly die ideale vrou wat in Spreuke 31:10-31 geteken word, 'n voorbeeld waarna mans en vroue gerus met aandag kan kyk en bly kyk. “Wie sal 'n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale.”

Nuut in Bulletin
Hierdie uitgawe van die Vrystaat Sake Bulletin bevat drie nuwe rubrieke wat voortaan gereeld gaan verskyn, nl. 'n maandelikse opsomming van die jongste sleutelfinansiële aanwysers in SA, die jongste wisselkoerse teenoor die Rand (in elke twee-weeklikse uitgawe) en die jongste markpryse van basiese groente en vrugte op die Mangaung Varsproduktemark (ook elke twee-weeklikse uitgawe). Ons gaan ook voortaan gereeld 'n onderhoud publiseer met 'n prominente persoon in die sakewęreld, onder die opskrif Up close & Personal/Gesels by die koffietafel en waarvan die eerste in hierdie uitgawe is. Dan is daar ook die weeklikse nuusbrief wat die Vrystaat Sake Bulletin elke Woensdag gratis epos aan 'n yslike adreslys van relevante persone in besigheid en regering. Indien u belangstel om daarop in te teken, epos gerus aan web@emarket.co.za. Daar is meer in die pyplyn - hou gerus dop, veral wat betref die uitstekende webwerf van die Vrystaat Sake Bulletin by www.bulletinonline.co.za.

Littering
Heng, it's bad - the littering in the Free State cities and towns! Please do something about it! It starts with each one of us - do not just throw down any litter, but put it in a litter bin. In this regard, municipalities as local authorities also carry a primary responsibility. The first steps towards progress, is a clean environment. Therefore please keep our streets and public areas clean. Then of course, another indispensable step is a proactive educational campaign - tell the public not to litter, create awareness and instill a sense of pride in a clean environment. Next month the province and Bloem is to host the national celebrations of World Tourism Day. What image are we projecting with our often filthy environment? Not to speak of getting ready for 2010. Let's join hands in this matter and make a difference - a huge difference!

Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.