

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> October 2002
• Mining in SA on the up: According to a recent study by the Chamber of Mines, mining as a sector in the SA economy is definitely on the up. The study reflects inter alia that South Africa remains the world's leading producer of gold and platinum and the globe's fifth-largest miner of gold and diamonds. The study also showed that mining's yearly capital-expenditure contribution of about R10 billion represents nearly 20% of South Africa's total of around R80 billion. Moreover, once processed-mineral procucts, such as ferroalloys and aluminium, are included, the mining sector's contribution to exports rises to around half of all exports. These upstream and downstream links make mining a far bigger contributor to the local economy than its 7% to gross national product suggests.
• Sasol rekordwinste: Volgens die finansiële resultate deur die Sasol Groep aangekondig vir die jaar geëindig 30 Junie 2002, het Sasol se vernaamste besighede rekordwinste behaal - 'n voortsetting van die groeipatroon van die vorige twee jaar. Die Groep sê voorts hy het vir homself ten doel gestel om teen 2005 50% van die omset in die buiteland te genereer. Dit is nou drie jaar vroeër bereik en Sasol het besluit om sy aandele in die eerste kwartaal van aanstaande jaar in New York te laat noteer. Dit sal 'n sekondêre notering wees, terwyl die primêre notering op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) bly.
• BHP Billiton goes ahead with mega projects: Diversified resources group BHP Billiton has indicated that their new projects worth $2,9 billion approved during the last 12 months will definitely go ahead, despite concerns about the global economy. The 12 new projects sanctioned since the former BHP Limited and Billiton plc merged into the world's largest resources group, include expansions at the 47,11%-owned Mozal aluminium smelter in Mozambique, and the wholly-owned Hillside aluminium smelter in Richards Bay.
• Vrystaat broodmandjie van SA: Uit die 2002 Jaarverslag van die Vrystaatse Dept. van Landbou word gesê die Vrystaat word tereg Suid-Afrika se broodmandjie genoem : Die provinsie produseer nou 36% van die land se graan, wat die meeste van alle provinsies is en is die naasgrootste produsent van sonneblomsaad, grondboontjies en droë boontjies. Uit die verslag blyk verder dat die bruto inkomste van Vrystaatse boere vir die jaar tot 30 September 200,1 R7 395 miljoen - 15,9% meer as die vorige jaar - was. Hiervan kom R4 335 miljoen uit gewasse. Luidens die verslag het die Vrystaat se inkomste uit veeproduksie vir dieselfde tydperk ook met 5% gestyg, met wol en suiwelprodukte die grootste bydraers. Altesaam 23% van Suid-Afrika se wol en 18% van die suiwelprodukte kom van die Vrystaat. Die provinsie is ook die voorloper in grondherverdeling. In Maart vanjaar het die Vrystaat 28 262 ha herverdeelde grond (van die landwye 90 000 ha) gehad.
• KVBA kos werkgewers miljoene: Die uitvoerende direkteur van die AHI, mnr Jacob de Villiers, het verlede maand op die Vrystaatse kongres van die AHI te Clarens gesê SA werkgewers moes verlede jaar R150 miljoen aan werknemers opdok ná beslissings deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Volgens mnr De Viliers kan dit toegeskryf word aan sakelui wat hulself in KVBA-verhore oor onder meer afdankings en salarisse moet verteenwoordig. "Die werknemer sit met 'n advokaat van 'n vakbond en 'rol die werkgewer op'. Dit is waarom werkgewers soveel sake verloor”, het hy gesê. Volgens hom het AHI-werkgewers egter nog nie 'n enkele verhoor verloor nie en het die AHI-werkgewersorganisasie se ledetal met 500% toegeneem.
• Sasol gas pipeline new options: Sasol has already completed a quarter of its $1,2 billion project that will bring natural gas from Temane in Mozambique to its Secunda operations in the Mpumalanga Province. The company's Sasolburg operation, which is currently based on coal feedstock, will be converted to natural gas and form the gas baseload for the venture. At the company's Secunda operations, natural gas will be used only as a supplementary feedstock. Sasol is also to convert more than 600 of its existing pipeline gas customers to natural gas. Meanwhile Johannesburg gas distribution company Egoli Gas is to spend between R57 million and R94 million to convert its gas reticulation network for the introduction of natural gas supplied by Sasol by 2004.
• ABSA besnoei personeel: Volgens mnr Louis von Zeuner van ABSA se nasionale hoofkantoor, is die bankgroep landswyd in 'n proses van personeelbesnoeiing ten einde sy werkmag met sowat 3 000 werknemers oor 'n tydperk van drie jaar te verminder. Dié projek het reeds sowat 18 maande gelede begin en sedertdien is die werkmag met sowat 1 000 verminder. Die vermindering spruit uit die groep se natuurlike personeelvermindering van tussen 10% en 12% per jaar, terwyl geen nuwe permanente aanstellings in die tydperk gedoen is nie. Absa het sowat 33 000 werknemers in sy diens. Indien die projek suksesvol is, sal dit Absa se verhouding van sy koste tot inkomste laat daal tot sowat 55%. Tans is Absa se ratio van koste teenoor inkomste 63%, teenoor Nedcor, FirstRand en Standard Bank se 49%, 57% en 58% onderskeidelik.
• “Phakisa het nie bestaansreg nie”: In 'n voorlegging van die Vrystaatse Tesourie aan die provinsiale Wetgewer word verklaar dat die Phakisa Korporasie, wat verantwoordelik was vir die oprigting van die multi-miljoen renbaan by Welkom en dit verder moet bedryf, weens sy onvermoë om groot byeenkomste soontoe te lok en sy gebrek aan interne finansiële beheermaatreëls nie 'n bestaansreg het nie. Uit die voorlegging blyk dit ook dat Phakisa die derde agtereenvolgende jaar nie 'n sakeplan ingedien het nie. In jaarverslae word egter gemeld dat 'n sakeplan opgestel word om die korporasie se geldelike posisie te stabiliseer.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.