.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> May 2004


Business pointers :: Sakeflitse


Vrystaat

Groot opgradering vir Loch Athlone : Dit is bekendgemaak dat die Loch Athlone vakansie-oord by Bethlehem teen 'n koste van R60 miljoen tot internasionale standaard opgegradeer gaan word. Dit volg nadat planne om 'n casino by Loch Athlone te bou nie gerealiseer het nie. In die alternatiewe ontwikkeling by Loch Athlone gaan 70 nuwe deeltitel-vakansiehuise op die oewer gebou word en word die eilandsaal omskep in 'n gimnasium met 'n verhitte swembad, sportgeriewe en 'n binnenshuise.

Goldfields College tops in Free State : At a gala ceremony held by the Free State Dept. of Education in Bloemfontein, Goldfields College of Welkom was awarded as the province's Best Performance FET College. The first learnership in the FET sector in the Free State was also implemented at Goldfields when an agreement was signed with the Matjhabeng Municipality's Free State Goldfields Development Centre, involving a multi-million rand international project with Spanish investors. Other partnerships range from Beatrix Gold Mine and the Harmony Jewellery School, to local business owners, SMME's and a number of SETA's.

Beleggers verloor miljoene in Bloemfonteinse Trust : Volgens hofstukke in die voorlopige sekwestrasie van die Noite Dia Trust van Bloemfontein lyk dit of sowat 300 beleggers miljoene rand van hul erf-, pensioen- en pakketgeld gaan verloor. 'n Ouditeursverslag word tans gedoen na die vaste eiendomme van die twee direkteure van die Trust, mnre. Spekkie Heckroodt en Johan Greeff, twee Bloemfonteinse makelaars. Een van die eiendomme van mnr. Greeff is Bains Game Lodge.

Toekenning vir Cambridge Gastehuis, Bethlehem : Cambridge Gastehuis is aangewys as een van die finaliste in die AA Travel Guides se nasionale huisvestingskompetisie. Afgesien van 14 kamers, elk met private ingang, bied die gastehuis ook 'n swembad met houtdek wat uitkyk op Pretoriuskloof-natuurreservaat, 'n gelisensieerde kroeg, koffiekroeg, toegeruste braai-gebied, 'n sitkamer met kaggelvuur in die winter, veilige onderdakparkering, wasgoedgeriewe en aandete op versoek.

National

DTI spent on development 2004 : It is reported that this financial year the national Dept. of Trade and Industry is spending nearly R2 billion on industrial incentives, research and development. Of this R1-billion will be spent on the development of policies and strategies aimed at boosting the competitiveness of the local economy and promoting equity and empowerment. The CSIR will receive R402-million in 2004/5, of which R348 million will be used for research. Some of the other recipients include the SA Bureau of Standards, NAMAC, Ntsika, the National Empowerment Fund, the National Research Foundation and the Godisa Trust.

Bedrog met gebou van NK Wetgewer : Volgens 'n forensiese verslag van die Noord-Kaap Ouditeur-generaal, is die raadgewende ingenieursfirma wat as projekbestuurder vir die nuwe wetgewergebou van R3,2 miljoen in Kimberley aangewys is, nie by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Siviele Ingenieurs geregistreer nie. Die besturende direkteur van die firma is ook nie as professionele ingenieur geregistreer nie. Boonop is tenderprosedures nie in die aanstelling gevolg nie. In die OG-ondersoek is ook aandag gegee aan alle projekte van sowat R20 miljoen wat aan die betrokke firma toegeken is en daar is bevind dat hulle almal sonder die korrekte tenderprosedures toegeken is.

Eskom groot wins vir 2003 : Met die bekendmaking van sy finansiële resultate vir 2003 toon Eskom 'n nabelaste wins van R3,5 miljard egter 5% minder as 2002. Eskom gaan oor die volgende vyf jaar meer as R50 miljard spandeer aan meer infrastruktuur, insluitende die heropbouing van ou kragstasies te Camdeu, Grootvlei en Komati.


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.