.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> 1 - 15 July 2003


Business pointers :: Sakeflitse


Vrystaat - Free State

Groot werkskepping deur Harmony in Goudveld : Opgewondenheid heers in die Goudveld oor die implementering van die samewerkingsooreenkoms tussen Harmony Goudmyn - een van twee goudmyne in Suid-Afrika wat hul eie goud raffineer en verwerk - en Mintek en BEA Systems. Die ooreenkoms, waardeur die raffinadery verbeter word tot 'n bate van R200 miljoen, behoort bykomende werk te skep vir sowat 800 mense. Die nuutgevormde onderneming Musuka - die Venda-woord vir goud - word van die hoogste suiwerheid vervaardig volgens internasionale standaarde. Sowat 100 ton goud word jaarliks in die raffinadery vervaardig en Musuka behoort jaarliks sowat R700 miljoen se goud te verkoop. Van die 400 ton goud wat jaarliks in Suid-Afrika geproduseer word, word slegs 18 ton, minder as 5%, plaaslik verwerk. Daar word egter gehoop dat die Musuka-inisiatief die skaal sal laat swaai.

Plaaswerkers in VS daal 350% : Volgens inligting verstrek deur die VS LUR vir Landbou, mnr Mann Oelrich, het die getal plaaswerkers in die Vrystaat sedert 1990 met bykans 140 000 of 350% gedaal. Volgens die syfers het die Vrystaat voor 1990 182 000, voor 1994 129 800 en voor 2003 47 970 plaasarbeiders gehad. Na bereken word, sal teen einde vanjaar slegs 39 975 plaasarbeiders in die provinsie oor wees.

Vooruitsigte vir sout beter : Volgens die SA Soutkoöperasie te Soutpan is ná te veel reën die afgelope jare vir behoorlike soutproduksie die vooruitsigte vir die komende 12 maande aansienlik beter. In die Vrystaat is die laaste paar jaar tussen 18 000 en 20 000 ton sout gelewer, maar in goeie jare beloop die oes tot 600 000 sakke of 30 000 ton. Pryse wissel van soutpan tot soutpan afhangende van die gehalte van die sout met die gemiddelde prys sowat 22c/kg. 'n Soutboer kan egter met een pan 'n bestaan maak. Griekwaland-Wes Koöperasie van Douglas het onlangs 'n soutpan bygekoop om sy produksie met 7 000 ton per jaar te verhoog.

Goldfields vies for new N1 route : The Free State Goldfields is canvassing strongly for the R30 national road between Welkom and Bloemfontein via Theunissen and Brandfort be extended to a four-lane highway and toll road in addition to the new N1 toll road between Ventersburg and Bloemfontein and which is to be opened in September this year. The joint Goldfields N1 Forum says whereas the route via Winburg will benefit 27 000 people, the Goldfields way will benefit 550 000 people. Although the National Roads Agency (NRA) is still to decide finally, recent traffic counts seem not to merit a four-lane highway.

Municipal salaries shock : According to figures submitted at the recent conference of the Association of Public Accounts Committees the salaries of top municipal officials in the Free State, as in the rest of the country, are astronomical high if seen against the current general figures for unemployment and poverty. In the Free State municipal managers earn anything between R262 000 and R700 000 per annum, with managers of even small municipalities receiving R400 000 to R500 000 per annum. For instance, at Nketoane Municipality with 14 751 households the manager gets R400 000, while his six departmental heads receive R300 827 each. In the Free State 70 616 of the estimated 626 399 households are without any income. Nationally service payments in arrears total some R25 billion more than the total defence budget.

Gebouekompleks van Rosepark Hospitaal verkoop : Die moderne gebouekompleks van die Rosepark Hospitaal in Bloemfontein is deur Fichmed Eiendomme Beperk aan die George Nicholas Trust van die Georgiou-familie verkoop. Rosepark Hospitaal, as deel van die Afrox Healthcare groep, gaan egter ongestoord met sy bedryf voort - trouens die nuwe eienaars beoog binnekort aansienlike uitbreidings vir die hospitaal. Die koopsom van die eiendomstransaksie is nie bekendgemaak nie.

Nationaal - National

Beste winkelsentrums bekroon : Die Suid-Afrikaanse Raad van Winkelsentrums is die jongste toevoeging tot die lys instellings wat Footprint-toekennings gaan maak later vanjaar op die Afrika-jaarkongres van winkelsentrums in Kaapstad. Suid-Afrika is wêreldwyd bekend vir sy gesofistikeerde winkelsentrums en danksy die bemarkingsafdelings, konsultante en maatskappye van dié sentrums, het die bedryf groot vordering getoon wat weer tot toenemende steun van ontwikkelaars en kleinhandelaars gelei het. Inskryfvorms is beskikbaar by die Raad van Winkelsentrums by (011) 784-2837, by www.shoppingcouncil.co.za of by Cutting Edge Marketing by (011) 784-7804.

Best municipalities wanted : A national competition has been launched for the best municipalities in SA, with prize money of R20 million at stake. The Minister of Provincial and Local Government, Sydney Mufamadi, has announced the Vuna prizes to create “healthy competition” between the country's 284 municipalities. Closing date is 31 July 2003. In October a winner and two runners-up will be announced for each province, with prices of R750 000, R500 000 and R250 000 each. The national winner with two runners up are to be announced on 5 December, with prize money respectively R3 million, R2 million and R1 million.

SA vierde op “skoon” lys : Tydens die afgelope Afrika-beraad van die Wêreld-ekonomiese Forum (WEF) in Durban is die uitslae bekend gemaak van die jaarlikse peiling oor hoe maatskappye wat in Afrika sake doen, die ekonomieë beskou. Suid-Afrika het vierdie geëindig ná Botswana, Tunisië en Gambië in 'n peiling oor skoon administrasie en korrupsie in openbare instellings onder 21 Afrika-lande. Wat georganiseerde misdaad betref, het Suid-Afrika se aanslag van 3,9 in 2002 tot 3,52 vanjaar verswak, wat hom slegs die 17de posisie uit 21 lande besorg het. Volgens me Fiona Paua, 'n ekonoom van die WEF, verteenwoordig dit die persepsie van sakelui hoe georganiseerde misdaad in SA die land se internasionale aansien verswak het.

Internasionaal - International

World trade up but still sluggish : According to latest figures from the World Trade Organisation (WTO) global merchandise trade, driven by strong demand in die US and the big Asian economies, grew by 1,5% in 2002 up from a 1% decline in 2001. However, trade growth, which was significantly above the 1,5% increase in total world output, masked sluggish trade performances in many regions. Including Latin America and Western Europe. Considerable uncertainty clouds trade growth prospects for 2003. Early indications suggest that, at less than 3% growth in trade volume for 2003 will be little or no better than 2002. This is well below half the average rate of trade growth achieved in the 1990's (6,7%).


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.