.::Back to Archive Main

.::Leading Stories

.::Spot Coverage

.::Business Pointers

.::Business Boosters

.::Bua le Batho

.::Fast Forward

.::Editorial Comment

.::Special Features

.::Letters to the editor

.::Lig in die Werkplek

.::Search Archives

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> February 2001


Business pointers :: Sakeflitse


• Demand for more toll roads: A further 3 300 km of national roads in SA will have to be tolled in the next decade so that they can be maintained at an estimated cost of R9 bn. It would cost R3 bn now just to catch up on the backlog in national road maintenance. The SA National Roads Agency manages about 7 000 km of national roads but has received numerous requests from cash-strapped local authorities to take over sections of roads. Of the 7 000 km, 1 870 km is tolled and a further 3 300 km could get tolls. Tolls are being considered for vast stretches of the N1 in the Free State and Western Cape, various roads around Cape Town and Johannesburg, the N2 from Port Elizabeth to George, the N2 from East London up to Richards Bay and the Maputo Corridor link to Richards Bay. Negotiations are taking place on the transfer of the N1 from Warmbaths to Pretoria and west as the N4 to Botswana - the 400 km so-called Platinum toll road.

• Mozambique offers opportunities: Mozambique remains a favourite amongst international development aid-givers. At a recent donor conference, more than R3 bn was promised for Mozambique, where at least 14 large infrastructure and investment projects are being planned. These include the N4 toll road link with SA, upgrading Maputo harbour, the Lebombo border post and a power line, plus developments in tourism, mining, agriculture and the retail and petrochemical industries. The Mozbex 2000 Exhibition taking place in Maputo each July - is a top showcase. All this raise exciting opportunities for also SA contractors and SME's to render their services.

• Welkom kloktoring in ere herstel: Een van die bekendste landmerke in die Goudveld, Welkom se kloktoring, word in ere herstel en gaan deur die Welkom Publisiteitsvereniging as toerisme-attraksie gebruik word om die stad se goue geskiedenis uit te beeld. Vir die eerste keer in jare sal die kloktoring op elke uur, nes die bekende Big Ben in London, weer 'n gedeelte van Handel se Messias speel. Die musiek vir die gedeelte van die gebed All through this hour, Lord, be my guide en by Thy power, no foot shall slide word dan regoor die stad gehoor. Die toring, sowat 60 m hoog, het sewe vlakke, met tans op grondvlak die stad se inligtingskantoor. Die Publisiteitsvereniging gaan nou op elk van die ander vlakke 'n gedeelte van Welkom se geskiedenis uitbeeld, met op die boonste vloer 'n uitkykarea met teleskope.

• OBSA presteer: Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) het in die ses maande tot einde September sy oorskot uit bedryfsaktiwiteite tot R418 miljoen verhoog. Dit is 61,4% hoër as die oorskot van R259 miljoen wat in dieselfde tydperk verlede jaar behaal is. Volgens die uitvoerende hoof van Obsa, dr. Ian Goldin, is nuwe lenings ter waarde van R532 miljoen in die tydperk goedgekeur. Totale toekennings het in die tydperk R899 miljoen beloop. Volgens dr. Goldin is 66% van die lenings wat toegestaan is, geoormerk vir die oprigting van basiese infrastruktuur.

• Nuwe reeks kitsbanke: Kitsbankdienste in Suid-Afrika kan binne die volgende jaar of twee 'n gedaanteverwisseling ondergaan met nuwe tegnologie wat nou reeds in die VSA in 'n toetsfase is. Mosaic Software sê 200 nuwe generasie kitsbanke is reeds by takke van 'n kleinhandelwinkelgroep in die VSA geïnstalleer. Die neiging in die VSA is om kitsbankdienste apart van banke te laat funksioneer, omdat banke nie die hoë koste en die risiko's verbonde aan die bestuur van kitsbanke wil dra nie. Kleinhandelkettinggroepe kan met groot vrug hul eie kitsbanke huur en die bykomende funksies van die nuwe generasie kitsbanke tot groot voordeel aanwend. Volgens Mosaic sal die nuwe kitsbanke met vrug in Suid-Afrika gebruik kan word waar tot soveel as 80% van die inwoners nie oor bankrekenings beskik nie. Laasgenoemde sou dan toegang tot die nuwe kitsbanke kan verkry, tjeks vir kontant omruil, geldwissels bekom en toegang tot die Internet verkry. Volgens Mosaic is die tegnologie só gevorderd dat die transaksies in die taal van 'n persoon se keuse gemaak kan word en nie net in bv. Afrikaans of Engels nie.

• Gholflandgoed by Bloemfontein: 'n Topklas gholflandgoed, die Woodlands Hill Golf & Wildlife Estate, word tans net buite Bloemfontein naby die N1 en Botaniese Tuine ontwikkel. Op 500 ha word 'n luukse gholfbaan deur die Gary Player Groep ontwerp, terwyl 413 meenthuiserwe beskikbaar is vir huise in waarskynlik die R1 miljoen plus pryskategorie. Net die eerste fase van ontwikkeling beloop R65 miljoen, wat nie die koste vir 'n hotel en konferensiesentrum insluit nie. Woodland Hills se natuurreservaat sal benewens die huidige voëllewe sowat 200 stuks wild soos kameelperde, koedoes, elande, sebras, basterwaterbokke en selfs swartwitpense hê. Die landgoed sal ook tennis-, muurbal- en rolbalbane, stap- en bergfietsroetes, 'n kantoorkompleks, hotel, aftree-oord en 'n nasorgsentrum met mediese versorging, konferensiegeriewe en winkelsentrum insluit. 'n Geëlektrifiseerde veiligheidsheining van 3m hoog en 15km lank gaan rondom die landgoed gebou word.

• Free State Tourism CEO: The Free State Tourism Board has appointed Mr. Marthinus Jordaan as acting Chief Executive Officer, taking the reigns over from Mr. Thabo Manyoni, who is leaving for a private business career. Mr Jordaan has vast experience in the tourism field, being the editor of a book called “ Tourism in South Africa” is a guest house owner and had served in earlier years with SA Tour.

• Matjhabeng Industrial Park launched: On 3 January 2001, the Mdustrial Park in Sasolbuatjhabeng Inrg, a pilot project initiated by the Department of Trade and Industry to offer SMME's working space and at the same time giving them support services that they need to grow as businesses, was launched in Welkom. Presiding at the occasion was Deputy Minister Trade and Industry, Ms. Lindiwe Hendricks and the Minister of Public Works Ms. Stella Sigcawu. More info: Mmasabata Motse, tel. 083 766 4218 / fax 057 352 3534

• NOK nou ook vir SME's: Ingevolge konsepwetgewing vir die Parlement sal die bedrywighede en trefwydte van die Nywerheids-ontwikkelingskorporasies (NOK) binnekort aansienlik uitgebrei word. Daarvolgens sal die NOK se doelwitte eerstens aangepas word sodat hy sy bedrywighede voortaan ook na klein en ondernemings van middelgrootte kan uitbrei. Dié korporasie het hom tot taamlik onlangs hoofsaaklik net op groot nywerheidsprojekte in oorleg met die gevestigde nywerheidsektor toegespits. Die tweede groot klemverskuiwing is op die gebied van die verlening van ontwikkelingshulp buite landsgrense. Die fokus sal aanvanklik op Suid-Afrika se onmiddellike buurlande wees, maar uitgesoekte ontwikkelingsprojekte in die res van Afrika sal ook by geleentheid aangepak word. Die NOK is reeds op beperkte skaal by ontwikkelingsprojekte in buurstate betrokke, bv. by Mosambiek se Mozalprojek, waarin 'n belang van 24% gehou word. Hierdie aluminiumsmeltery van R8 miljard sal 250 000 ton aluminium per jaar kan produseer. Die NOK word ingevolge die wysigingswetsontwerp ook in staat gestel om sy leningsmagte uit te brei.

• Northern Cape business week: During the week 12-15 March 2001 the Northern Cape Chamber of Commerce & Industry, in conjunction with Technikon SA, presents a Business Week with the theme “How to get your business out of the Big Hole”. The following topics will be addressed: Financial Management / Human Resource / Management and Personal Development / General Management / Economics / E-Revolution and Technology. This is a first for the Northern Cape and an ideal opportunity for upcoming, middle and senior managers. More detail: Tel. (053) 8311 081, Fax (053) 8311 082, email: nocci@kimberley.co.za


Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back

This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.