

Current Edition >> Archives Section >> Business Pointers >> April 2001
• SA waterbronne wek kommer: Luidens 'n verslag van die Ouditeur-generaal het minstens 7,5 miljoen Suid-Afrikaners nie op 'n daaglikse grondslag toegang tot voldoende vars water nie. Een van die grootste probleme in SA is dat die reeds skaars reënwater nie voldoende bogronds opgevang word nie. Slegs 8,6% van die totale afsetting word so benut, wat onder die laagstes ter wêreld tel. Baie meeer geld sal bestee moet word om water op te berg, veral in die lig daarvan dat die totale vraag na water teen 2030 sowat 50% hoër as nou sal wees weens die snelle bevolkingsgroei. Net in Gauteng sal oor die volgende 20 jaar R10 miljard aan nuwe wateraanlegte bestee moet word en R17 miljard aan nuwe wateraanvullingskemas.
• Sale of fixed state property: The Dept. of Public Works announced that it expects to earn more than R1 bn within 18 months from the sale of unused land and buildings.
• KZN uit die rooi: Met die jongste aansuiweringsbegroting van sowat R1,5 miljard wat die Kwazulu-Natal LUR vir Finansies, mnr. Peter Miller, by die Wetgewer ingedien het, is slegs sowat R500 miljoen afkomstig van die nasionale regering. Die netto effek daarvan is dat die KwaZulu-Natal provinsiale regerig sy geldsake binne twee jaar omgekeer het van 'n skuldlas van R2,1 miljard tot 'n netto bankbalans van sowat R166 miljoen in die swart. Mnr. Miller skryf dit toe aan streng geldelike dissipline en die samewerking van provinsiale departemente. Dit is vermag ondanks 'n vloedramp in Maart 2000 wat skade van R142 miljoen in die noorde van die provinsie aangerig het, die ergste bek-en-klouseer-uitbreking in dekades en die kwaaiste cholera-epidemie sedert die jare tagtig.
• Gesloer wurg Noordwes-ontwikkeling: Buiten die gesloer met besluite oor die toekoms van die tegnologies gevorderde Bop Recording Studios in Mafikeng in Noordwes, het die verdere ontwikkeling van die Mafikeng-lughawe ook tot 'n stilstand gekom. Die Internasionale Lughawe Mafikeng kan volgens mnr. Jacques Eybers van African Arc (Airport Redeployment Company) sy status as internasionale lughawe verloor aan die Pilanesberg lughawe. Verder het Mafikeng byna 'n jaar gelede aansoek gedoen om as nywerheids-ontwikkelingsone (IDZ) verklaar te word, maar die Dept. van Handel en Nywerheid het nog nie finaal besluit. Volgens mnr. Eybers is daar meer as R10 miljard se totale regstreekse investering wat weens die vertragings in besluitneming nie kan voortgaan nie.
• Douglas plastieksakloos: Die Noord-Kaapse dorp Douglas word nie-amptelik as die wêreld se fantasties-geen-plastiek hoofstad beskryf. Douglas is nie net in Suid-Afrika om sy plastiekvrye omgewing bekend nie, maar selfs in 'n brief uit Amerika is dié dorp as dié besondere hoofstad verklaar. 'n Jaar gelede is die plastieksak op 'n spesiale byeenkoms in Douglas begrawe en op 7 Maart om 10:00 presies 'n jaar ná die begin van dié projek word die eerste verjaarsdag op 'n spesiale omgewingsdag gevier. In plaas van die plastieksak word die Dougiesakkie van papier en plaaslik vervaardig as werkskeppende projek, gebruik.
• Knock-'n-drops take a knock: Free local newspapers (knock-n-drops) have experienced the greatest decline in their share of the advertising cake, AC Nielsen says in its latest AdEx Survey. Though advertising volumes increased by 12,3 % in SA last year, this category declined by 17%. However radio advertisements grew by 32,2%.
• Druiwe-oeste geknel in Benede-Oranje: Volgens die Oranjerivier Landbou-unie te Upington ondervind die 700 besproeiingsboere in die gebied tans ernstige geldelike tekort. Dit word selfs as 'n streekramp beskou. Die swak oeste het 'n vernietigende invloed op klein- en opkomende boere en seisoen- en permanente plaaswerkers kan nie meer onderhou word nie. Tot so min as 500 kg druiwe per hektaar is vanjaar geoes - gemiddeld maar sowat 11 ton per hektaar, teenoor die normale 25 ton per hektaar is. Die hele situasie word nietemin deur landbou- en gemeenskapleiers beskou as 'n korttermynkrisis van drie tot vyf jaar, wat deur beplanning en samewerking bestuur kan word.
Back to Main || About Webmaster || Disclaimer || Back
This site is best viewed at 800x600 pixels. This site was optimized for IE 5.5 or higher.
Copyright © 2002 Web D-Zign Inc. All rights reserved.